Voormalige ANC-hoë moet opdok oor sy k-woord gebruik

Suzanne Govender. (Foto: Facebook)

ʼn Voormalige senior lid van die ANC-jeugliga in die eThekwini-streek moet skadevergoeding van R15 000 betaal nadat sy die k-woord in ʼn WhatsApp-gesprek gebruik het om na ʼn ander lid van die party te verwys.

Suzanne Govender het die woord in Desember 2017 gebruik en ʼn klag is sowat ʼn jaar later, toe die boodskap vir die eerste keer in die publiek aan die lig gekom het, deur nog ʼn ANC-lid, Thembeka Gcwaba, teen haar aanhangig gemaak.

Govender het bedank en het sedertdien ook om verskoning vir die gebruik van die woord gevra. In haar verskoning aan Gcwaba sê Govender sy moes die woord nooit gebruik het nie, dat sy spyt is daaroor en sedertdien haar les geleer het.

‘n Betoging buite die hof in Chatsworth. (Foto: Verskaf)

Die gelykheidshof se waarnemende landdros NN Naicker het Govender Woensdag in Chatsworth skuldig bevind aan haatspraak.

Die landdros het ook ʼn skikkingsooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is ʼn bevel van die hof gemaak – op die voorwaarde dat die bedrag van R8 000 tot R15 000 verhoog word.

Govender moet die geld maandeliks in R500-paaiemente betaal.

“ʼn Belangrike grondwetlike doelwit is die skepping van ʼn nierassige en nieseksistiese, gelyke samelewing wat berus op menslike waardigheid, die oppergesag van die reg, ʼn demokratiese etos en menseregte,” het Naicker in die uitspraak gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jaco ·

Ek het daai woord al uit baie ANC-mense se monde gehoor. Hulle is lief daarvoor om swart mense wat die DA en die IVP steun so te noem. Blykbaar is die enigste “goeie” of “patriotiese” swart mense dié wat die ANC steun.
Maar dit was in die ou SA ook maar so: jy was net ‘n “goeie” of “ware” Afrikaner as jy die Nasionale Party gesteun het en in een van die 3 Afrikaanse susterkerke was. Dié “afvallige” Afrikaners is darem nou nie lelike name toegesnou nie, maar daar was tog maar ‘n uitskuiwery, ‘n houding van “julle is anders” en ook diskriminasie in die werkplek.

Zandra ·

vra ek ook, ander mense gaan trok toe vir die oortreeding en sy kry ‘n kleingeld boete? dis onregverdig (nie dat enige iets regverdig is hier in SA)

Zandra ·

ek weet die woord is verbode en ek sidder elke keer as iemand dit gebruik, maar hoekom mag die volk ons name noem en niks word daaraan gedoen of gesê, daar word selfs gesing hoe hulle boere wil doodmaak en aan die brand steek, maar nie ‘n haar word gekloof daaroor, vra vir ‘n vriend

Wondermaarnet ·

Ek geniet dit as ek ‘n boer genoem word, want ek het iets wat hulle graag wil hê.

Zandra ·

ek’t nie ‘n probleem met die woord BOER nie maar wel met malungu etc
asook KILL the BOER, Kill the farmer wat so lekker gegil word om nie te praat van die EFF se brandweer song

Stofbakkies ·

Hoekom net ‘n boete, weereens dubbele standaarde en hoekom word die K-woord as haatspraak geklassifiseer, maar as jy openlik sing en sê jy gaan sekere mense dood maak dan word niks aan jou gedoen nie?

Die Goodwoodianer ·

Want HULLE wat dit doen weet dat ñ sekere stel reëls vir hulle geld en dat min of geen aksie teenoor hulle geneem sal word nie.

Natasha ·

En kom ons sing weer eens die afgesaagde rympie…. wat van Malema en sy travante?

Vlekkie ·

En Penny Sparrow kry tronkstraf omdat sy monkeys of baboons gesê het. Hoe korrup is ons regstelsel nie!

Mariana ·

Onthou sy was wit, hulle mag mekaar enigiets onder die son noem, solank iemand van ander ras dit net nie doen nie.

Hoekom ·

Dit is in elk geval ‘n muslim woord wat ons aan geleer het. As ek ‘n sent gekry het van hoeveel keer ek dit genoem is in Afghanistan en Mali dan was ek nou ‘n miljoener maar dit het my nie seer gemaak of my mens wees verander nie. Mense in SA is te sensitief, laat my dink aan kleuters. Dalk moet hulle eers ‘n boek oopmaak en die betekenis gaan leer voor hulle “racist” skreeu…

Feite ·

Presies! Ons was presies dieselfde genoem in Sudan en my man sy drie jaar in Afghanistan ook!

Alta Alleman ·

R15 000 ??????? HOE BELAGLIK. !! HOEVEEL MOES WIT VROUENS BETAAL EN TROKSTRAF UITDIEN VIR DIESELFDE GEDRAG?? MAAK MY NAAR !

Johann ·

En die alewige betoging? Die keer so ewe met n kind saam? Ek mag nog sê kind ne? En klein kindjie? Laat weet my maar. Netnou verorsaak ek moeiliKheid.

Zombie ·

MM, in die laaste paragraaf word na Govender se uitspraak verwys. Was die voorsittende beampte se van nie Naicker nie?

Megan Swart ·

Dagsê Zombie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Hennie J ·

Hierdie gelykheidshof en sy tentakels is vir my n vreemde verskynsel en die wette wat hulle toepas nog vreemder.Hierdie vrou het,na n klagte van die ander party, n boete van R500 pm gekry wat sy aan die ander een moet betaal. Sy gaan nie soos n ander geval, tronk toe nie, maar die boete word nie aan die staat nie, maar aan die klaer toegestaan. Hierdie is net n geldmaakspul en hoe kan ek myself verdedig as iemand beweer ek het hulle die woord toegesnou. Onthou met sulke geld in spel kan die klaer maklik n getuie of twee/drie opspoor.
Ook om te verwys na die noemnaam in die volksmond as die “k”woord is net soos om die woord ten volle te uiter. ALMAL WEET WAT BEDOEL WORD.
As hierdie regeringsnarre en wetstoepassers iets positiefs wil doen moet hulle alle woorde wat met n “k”begin, verban of ten minste bepaal dat in geen woord wat met n ‘k’begin , die’ k’ uitgespreek mag word nie. Met hierdie lagwekkende situasie kan ons voortploeter en sal hierdie woord in die volksmond bly .

Persheks Adri ·

Wat van Malema en kie? Hulle hits als aan en ons word gevloek en gedreig deur hulle… O ja dis mos ok met Cyril en al die kaders regtig. Maak my naar verby om die minste te sê

Morne ·

Sy R15000 boete en Vicky moes 3 jaar tronk toe !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Paul ·

Jaco, Ek kan onthou ek was bevordering geweier omdat ek nie lid was van een van die susterskerke. Dit was blatant aan my gesê deur die betrokke departementshoof.

Hendrik ·

Dit lyk of die K-woord baie in die algemeen baie gebruik deur almal en dit is sluit swartes ook in. Ek vind dat veral bestuurders wat dit gereeld gebruik so saam met die verkeersvloei. So ook die B-woord (Boer) en die ander k-woorde.

Erika ·

Racism doesn’t discriminate……. -Ironies was die skoen aan ander voet se sekeres wat hulle will…in n situasie tot hulle voordeel … maar as Jy “iets verkeerd se”..-Die waarheid.. word jy vinnig sommer gebrandmerk as Rassis..
Daaars ou spreek woord ” meng jou met semels dan vreet die varke jou…”.
Bottom line All lives..With God

Cecilia ·

O ok. So sy moet betaal en bedank maar d ander 2 wat mense valslik beskuldig het kom niks oor nie en verdien jare nog hul vet salarisse.
Ek sal wragtig n bohaai opskop.

Pieter Rubeus ·

Dit is tyd dat die regters aangekla word vir dubbel standaarde en ook vir verydeling van geregtigheid. Hulle is nie bo die wet verhef nie. Een kry tronkstraf en die ander ‘n boete, ‘n Moordenaar kry R5000 borg terwyl ander R15000 moet betaal vir onbenullighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.