ʼn Voormalige senior lid van die ANC-jeugliga in die eThekwini-streek moet skadevergoeding van R15 000 betaal nadat sy die k-woord in ʼn WhatsApp-gesprek gebruik het om na ʼn ander lid van die party te verwys.
Suzanne Govender het die woord in Desember 2017 gebruik en ʼn klag is sowat ʼn jaar later, toe die boodskap vir die eerste keer in die publiek aan die lig gekom het, deur nog ʼn ANC-lid, Thembeka Gcwaba, teen haar aanhangig gemaak.
Govender het bedank en het sedertdien ook om verskoning vir die gebruik van die woord gevra. In haar verskoning aan Gcwaba sê Govender sy moes die woord nooit gebruik het nie, dat sy spyt is daaroor en sedertdien haar les geleer het.
Die gelykheidshof se waarnemende landdros NN Naicker het Govender Woensdag in Chatsworth skuldig bevind aan haatspraak.
Die landdros het ook ʼn skikkingsooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is ʼn bevel van die hof gemaak – op die voorwaarde dat die bedrag van R8 000 tot R15 000 verhoog word.
Govender moet die geld maandeliks in R500-paaiemente betaal.
“ʼn Belangrike grondwetlike doelwit is die skepping van ʼn nierassige en nieseksistiese, gelyke samelewing wat berus op menslike waardigheid, die oppergesag van die reg, ʼn demokratiese etos en menseregte,” het Naicker in die uitspraak gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
32 Kommentare
Ek het daai woord al uit baie ANC-mense se monde gehoor. Hulle is lief daarvoor om swart mense wat die DA en die IVP steun so te noem. Blykbaar is die enigste “goeie” of “patriotiese” swart mense dié wat die ANC steun. Maar dit was in die ou SA ook maar so: jy was net ‘n “goeie” of “ware” Afrikaner as jy die Nasionale Party gesteun het en in een van die 3 Afrikaanse susterkerke was. Dié “afvallige” Afrikaners is darem nou nie lelike name toegesnou nie, maar daar was tog maar ‘n uitskuiwery, ‘n houding van “julle is anders”… Lees meer »
Hoekom het sy nie ook tronstraf gekry nie?
ek weet die woord is verbode en ek sidder elke keer as iemand dit gebruik, maar hoekom mag die volk ons name noem en niks word daaraan gedoen of gesê, daar word selfs gesing hoe hulle boere wil doodmaak en aan die brand steek, maar nie ‘n haar word gekloof daaroor, vra vir ‘n vriend
Hoekom net ‘n boete, weereens dubbele standaarde en hoekom word die K-woord as haatspraak geklassifiseer, maar as jy openlik sing en sê jy gaan sekere mense dood maak dan word niks aan jou gedoen nie?
En kom ons sing weer eens die afgesaagde rympie…. wat van Malema en sy travante?