Voormalige ANC-hoë sterf ná skietvoorval

Argieffoto

Sindiso Magaqa, voormalige sekretaris van die ANC-jeugliga, is dood ná ʼn skietvoorval in Julie.

Die ANC het Magaqa se dood in ʼn verklaring bevestig. “Dit is met groot hartseer dat ons die nuus van die afsterwe van hierdie jong leeu en een van ons beweging se dapperste en vreesloosste vegters ontvang het. Hy het aan sy beserings van die skietvoorval in Julie beswyk en is vroeër vandag [Maandag] oorlede,” het die verklaring gelui.

Volgens die ANC sal hy altyd onthou word as ʼn sagte siel en ʼn vreeslose vegter. “Sy bydrae tot die stryd vir die jeug en Suid-Afrikaners in die algemeen sal nooit vergeet word nie.”

Die ANC het ʼn beroep op die huidige generasie gedoen om sy onvoltooide werk voort te sit en sy “gevalle spies” op te tel.

Drie ANC-raadslede van die uMzimkhulu-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is op 13 Julie geskiet terwyl hulle saam by ʼn plaaslike winkel was. Magaqa, Nonsikelelo Mafa en Jabu Mzizi is tydens die voorval gewond. Hierdie voorval kom ná drie raadslede ook vroeër vanjaar in die provinsie vermoor is.

Die Valke het ʼn dag ná die skietery gesê hulle het ʼn spesiale taakspan saamgestel om die skietery te ondersoek.

Magaqa was die sekretaris onder die voormalige leier van die jeugliga, Julius Malema.

Die ANC het hul medelye met die familie van Magaqa betuig. Die National Freedom Party (NFP) het ook hul stem bygevoeg deur hul kommer oor die groot aantal moorde in KwaZulu-Natal uit te spreek. Hulle het ook hul medelye met die familie betuig.

Die NFP het verder ʼn beroep op Fikile Mbalula, minister van polisie, gedoen om die moorde in dié provinsie stop te sit en die skuldiges aan die pen te laat ry. “Dit is hoog tyd dat regeringsministers doen waarvoor hulle betaal word – om in diens te wees van die mense van ons land in plaas van om mekaar in die openbaar swart te smeer,” het Sabelo Sigudu, woordvoerder van die NFP, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Valentino ·

Foeitog, wat ń verlies vir die ekonie en SA. Die wêreld gaan uit sy wentelbaan geruk word deur die afsterwe van die gevalle spiesman.

Vreesloos ·

Hahaha ek kan maar net lag vir die sogenaamde vreeslose vegters!! Teen wie het julle geveg? FW de klerk en Roelf en Kie het hierdie land aan julle oorgegee sonder om ‘n skoot te skiet, die burgers van SA het JA gestem en vir julle ‘n geleentheid gegee om te regeer . Waar het hierdie helde geveg of praat julle van die bomme wat in kerke en kroee gestel is wat vroue en kinders die lug in geblaas het, of dalk die vreeslose vegters wat die AWB manne in die ou Bophuthatswana wat ongewapend teen hulle motor se wiele gesit het trompop geskiet het? Is DIT JULLE VREESLOSE VEGTERS??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.