Voormalige ANC-voorsitter in hof vir seksuele aanranding

Marius Fransman (Foto: Argief) 

Marius Fransman, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, het vandag in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap op aanklagte van seksuele aanranding verskyn.

Fransman word daarvan beskuldig dat hy sy persoonlike assistent in 2016 by verskillende geleenthede seksueel aangerand het. Die beweerde aanrandings het destyds onderskeidelik in ʼn hotel in Kimberley, in die Wes-Kaap en ook in Rustenburg plaasgevind ten tyde van die ANC se 8 Januarie-viering daardie jaar.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in Desember verlede jaar eindelik aangekondig dat hy gereed is om Fransman te vervolg waarna daar besluit is dat die saak in die Kimberley-landdroshof aangehoor sal word.

Fransman is reeds in November 2016 vir vyf jaar uit die ANC geskors nadat die party se tugkomitee hom skuldig bevind het aan twee aanklagte van wangedrag.

Een van die aanklagte hou verband met seksuele teistering terwyl die ander verband hou met openbare verklarings deur Fransman wat die party in oneer geplaas het.

Die beskuldigde het vandag in die hof verskyn waar daar bevestig is die saak is gereed vir verhoor.

Fransman hou vol hy is onskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Charl ·

Hoekom vat dit 3 jaar die ondersoek kon nie moeilik gewees het nie.

Slagyster ·

‘n Verkeerde aanstelling dis die kort is die land van die storie. Is hy aan ‘n psigometriese evaluering blootgestel, voor sy aanstelling? Of is dit polities nie korrek nie?

Rinkhals ·

Goeie vraag alhoewel my opinie is dat sou psigometriesec toetse ‘n voorvereiste wees sou 90% van parlementariers nie geskik wees vir hul posisies nie.

Gert van Wierdapark ·

Die Franse is skynbaar mos maar n vatterige nasie. Met n man daar by, kan dit dalk erger in die politiek raak!

jjobson ·

Agbare Marius is onskuldig. Dit is weereens smerige,agterbakse aantygings teen hom om hom in onguns by die ANC te bring. Jaloesie is hier te sprake. My gebede is by jou en gesin. ANC comrade voltyds.

JohanR ·

As Fransman skuldig bevind woord dink ek hy sal maar net die derde ANC wees, wat in 25 jaar tronk toe gaan. Die ander twee was Tony Yengeni en John Block. Dit wat lank, baie lank om ‘n ANC in die tronk in te kry! Die man in die straat is sommer binne drie weke agter tralies.

SjN ·

Ander sake word getime met n stopwatch, sy saak met n almanak.

Realis Thailand ·

Ek hoop jobson is n grap want geen mens kan ooit vir n anc lid bid nie.Fransman is een van die minder aangename lede om dit liggies te stel.
Hy was nog altyd arrogant en verwaand. Hoop die saak kos hom en sy vriende n klomp geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.