ʼn Voormalige apteker is vandeesweek ʼn opgeskorte vonnis opgelê nadat hy bedrieglike eise by ʼn mediese skema vir staatsamptenare ingedien het en in die proses die skema met R4,1 miljoen bedrieg het.
Wisani Ngobeni (50) is Vrydag in die streekhof in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga skuldig bevind en tot ses jaar tronkstraf gevonnis.
Dié vonnis is egter ten volle vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat Ngobeni nie in hierdie tydperk weer skuldig bevind word aan bedrog nie.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Ngobeni was in 2015 die direkteur van of Wisamed Pharmacy toe hy bedrieglike eise by Gems, die mediese fonds vir staatsamptenare, ingedien het.
Ngobeni is daarna in Nelspruit deur die Valke in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
En die geld?
Die vonnis is ‘n grap!
Kyk, Suid Afrika is n lekker plek vir sekere mense om gevonnis te word. Geen wonder ons landgenote skroom nie om misdaad te pleeg nie. Mooi so ANC.
Maatjies help mekaar…..
Hoekom ‘n opgeskorte vonnis? Moes daar nie ‘n voorbeeld van hom gemaak gewees het nie?