Voormalige bankamptenaar gevonnis oor duisende rande se bedrog

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash/
Johny Vino)

ʼn Voormalige werknemer van ʼn bank op Sasolburg in die Vrystaat is tronkstraf opgelê nadat sy kliënte van die betrokke bank uit byna R120 000 bedrieg het. Violet Mahlatsi (41) het skuldig gepleit op verskeie aanklagte van bedrog en geldwassery.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het Saterdag in ʼn verklaring gesê Mahlatsi het in Maart vanjaar skuldig gepleit op 879 aanklagte van bedrog, 877 aanklagte van geldwassery en vyf aanklagte van die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.

Dít nadat sy in September verlede jaar in hegtenis geneem is nadat die bankbestuurder twee klagte van ongemagtigde ontrekkings uit twee kliënte se bankrekeninge aanhangig gemaak het. Mahlatsi het dié geld dieselfde dag nog aan hulle terugbetaal deur haar bankkaart te gebruik.

Mahlatsi is kort ná haar inhegtenisneming op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die Valke het later in die hof onthul dat Mahlatsi tien niksvermoedende kliënte se bankkaarte gekloon het om onwettige transaksies uit te voer. Hierdie transaksies het meer as R118 000 beloop.

Volgens Nkwalase is Mahlatsi tot ses jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van bedrog, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is. Sy is ʼn verdere agt jaar tronkstraf opgelê vir verskeie ander aanklagte van bedrog, waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Mahlatsi is verder tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir verskeie aanklagte van geldwassery, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Sy is nog ʼn jaar tronkstraf opgelê vir die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.

“Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, wat beteken dat sy effektief drie jaar tronkstraf sal uitdien,” het Nkwalase verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frederik C

As sy 3 jaar sit vir R120 000 se diefstal, gaan Malema & vriende hopelik 30 jaar sit.

Onnie

Dis n blêrrie skande dat vonisse so lekker opgeskort word en gelyklopend uitgedien word. Iemand wat 22 jaar altesaam opgelê is, dien nou net 3 jaar in die tronk uit. Is dit nie belaglik nie? So as jy nie te lank agter tralies wil wees nie moet jy net ‘n klomp oortredings op een slag pleeg, ipv een een!?

Michael 1

Watter bank?

Yvonne

Baie ligte vonnis…..kan die people nooit genoeg kry nie….hulle mag werk kry…..maar dis net nie genoeg nie.

Cherokee

As gevolg van regstellende aksie het sy waarskynlik voorkeur gekry by aansoeke om werk, toe sy by die bank begin werk het.