Voormalige beampte steel glo van polisie

(Argieffoto)

ʼn Voormalige polisiebeampte verskyn Maandag in die Ficksburg-landdroshof in die Vrystaat op aanklag van bedrog nadat sy die polisiediens glo uit meer as R100 000 bedrieg het. Sy het by die departement van finansies van die polisiediens op Ficksburg gewerk.

Volgens Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, is die 42-jarige beampte Vrydag deur Phuthaditjhaba se polisietaakspan (TRT) by Riverside in Qwaqwa in hegtenis geneem.

Dié beampte het na bewering meer as R100 000 onwettig in haar eie sak gesteek, toe sy onder meer geld van die publiek ontvang het vir die hernuwing van vuurwapenlisensies.

Die beampte het bedrieglike ontvangstrokies van die geld geskep wat nie deur die polisie se stelsel opgespoor kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Porseleintjie ·

Toemaar die belastingbetaler sal iewers instaan hiervoor.

SomeOne ·

ondersoek maa elkeen wat met geld werk in staatsinstellings, julle gaan verbaas wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.