Voormalige Blitsbok se rugbytruie uit stoorplek gesteel

Werner Kok se Sewestruie met die nommer vyf agterop is die afgelope week uit ‘n stoorplek gesteel. (Foto: Twitter)

Die voormalige Sewesster en Sharksspeler Werner Kok het mense gevra om op die uitkyk vir sy Sewesrugbytruie te wees nadat dit vandeesweek uit ʼn stoorplek in Kaapstad gesteel is.

Kok het hom tot sy ondersteuners op sosiale media gewend om te help soek na al sy Springboksewestruie – met die nommer vyf agterop – wat Woensdag uit die stoorfasiliteit voete gekry het.

“Tien jaar se harde werk binne 10 minute gesteel. As jy enigiets sien of hoor, laat my asseblief weet,” het hy getwiet.

Die truie sluit in Kok se “spesiale truie” – van die Statebondspele tot die Olimpiese Spele en elke ander toernooi tussen-in. Kok het meer as 180 keer vir die Blitsbokke uitgedraf en het Suid-Afrika onder meer in 2014 by die Statebondspele en in 2016 by die Olimpiese Spele verteenwoordig.

“My hart is swaar want geen geld sal dit ooit kan vervang nie. ʼn Nalatenskap wat ek vir my kinders wou wys, net geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Samuel ·

Dit is nou ‘n gatslag! Jou eiendom is nêrens meer veilig nie. Hierdie stoorplekke kos baie geld en word vertrou omdat hulle spog met hulle goeie sekuriteit. Ek hoop Werner Kok vind al sy truie terug.

Magda ·

So jammer om te hoor, hoop regtig jy vind almal terug. Ek kyk juis no di sewes rugby in Dubai, speel nou teen Kenia vir di QF. Baie sterkte

Anton ·

Een of ander tik kop verkoop al daai memories en harde werk vir 100 rand :-(

Pieter ·

en een of ander dom dwaas koop dit vir R100 en hang dit op in sy sitkamer en spog daarmee om die braaivleis vuur.

Frans ·

Is daar geen sekuriteitkameras by die stoorplek nie? Iemand moes geweet het dat die truie daar gestoor word.Hoop jy kry jou truie terug,

Leesbril ·

Dis n jammerte, hoop dit word gevind, maar dink in die vervolg moet items met sentimentele waarde liewer onder jou matras gebere word ipv n stofferige stoor plek ?

Nico ·

Die rugby trui is nie onvervangbaar nie, dit kan weer vervang word.

Laeik ·

Ai. Hy sal not maar kopieë in China moet laat maak. Hulle sal dit selfs vol sweet vir hom teen die regte food.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.