Voormalige Bul-rugbyspeler agter tralies vir bedrog

Argieffoto

Argieffoto

Paul Botes, ʼn voormalige rugbyspeler van die destydse Noord-Transvaal, is Donderdag in die Pretoriase handelshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, het Beeld Vrydag berig.

Paul Botes (51) van Pretoria, het ingevolge ’n pleitooreenkoms met die staat skuld op 12 aanklagte van diefstal en een van geldwassery beken, nadat hy sowat R19,5 miljoen van beleggers gesteel het.

Hy het die geld van 1993 tot 2012 gesteel terwyl hy as makelaar gewerk het.

Hy was vir die eerste keer in 2012 by sy huis in hegtenis geneem nadat ʼn belegger ʼn klag by die ernstige ekonomiese misdrywe-eenheid van die polisie se Valke-eenheid ingedien het.

Botes het erken dat hy geld van beleggers, van wie sommige bejaardes, ontvang het wat hy gebruik het om sy eie leefstyl te finansier.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annette ·

hy is obviously nie goed betaal toe hy rugby gespeel het nie. stoute kabouter

Vas Vat ·

So n ruk terug, was daar n knaap wat ook geld gesteel het van weduwees en kinders…Mijarde gesteel, hy was liggies oor die vingers getik en het weggeloop met n R100 000-00 boete. Sies hoe kan jy van oumense en kinders steel en daarmee saamleef ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.