Voormalige DA-premier keer terug na ANC

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die voormalige premier van die Oos-Kaap, Nosimo Balindlela, het uit die Demokratiese Alliansie bedank om weer by die ANC aan te sluit.

Nqaba Bhanga, provinsiale leier van die DA, het Maandag in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van Balindlela se besluit, maar glo sy verkeer onder ʼn wanindruk.

Balindlela het glo aan die DA gesê sy “het ʼn behoefte om die ANC te dien”.

“Ons respekteer die feit dat sy graag die ANC wil dien, maar glo dat sy onder ʼn wanindruk verkeer, omdat die ANC se korrupsie en wanbestuur miljarde van arm mense gesteel het. Ons bedank haar vir haar deelname aan die DA se pogings om ʼn alternatiewe regering in die Oos-Kaap te bou en vir haar goedhartige boodskap dat sy haar tyd saam met ons geniet het,” het Bhanga bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos ·

En hoe het die korrupte Oos-Kaap gevaar in die tyd toe Balindlela premier was?

Enige vordering gemaak of grootkoppe wat tronk toe is?

Oom Kalahari ·

Korrupsie bly darem maar ‘n gemaklike trekpleister as jy weet waar jou deure oop is.

Kerneels ·

Ooskaap het nog nooit ‘n DA premier gehad nie so sy moes ANC premier gewees het. Sy het seker oor geloop DA toe met hoop open posisie toe ANC nuwe premier aanstel.

Oom Kalahari ·

@ snoefie, nee hul word so gebruik om die Springhaas aksie te doen tussen partye en werk as agente vir inligting tot ‘n sekere party.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.