Voormalige Eskom-hoë skuldig aan bedrog

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Dawid Johannes Malherbe (56), ʼn voormalige senior werknemer van Eskom, is in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het in ʼn verklaring gesê Malherbe is saam met nog iemand in 2013 in hegtenis geneem, nadat ʼn fluitjieblaser die Valke ingelig het van onreëlmatighede in die kragvoorsiener se tendertoekenningsproses.

Die Valke se teenkorrupsie-taakspan het die bewerings ondersoek en gevind Malherbe het  tussen 2007 en 2009 terwyl hy by Eskom gewerk het onregmatig tenders aan Energy Utility Services (PTY) Ltd, ʼn maatskappy wat hy besit, toegeken.

Nadat ʼn interne ondersoek, asook eksterne ouditeurs, bevind het Malherbe se optrede was onreëlmatig, het hy onmiddellik bedank. Strafregtelike aanklagte is egter steeds teen Malherbe ingestel.

Volgens die Valke het Eskom ongeveer R65 miljoen deur Malherbe se optrede verloor. Die Valke se batebeslagleggingseenheid kon R10 milljoen van die totale verlies teruggekry deur op Malherbe se bates beslag te lê.

Malherbe sal op 11 Augustus in dieselfde hof gevonnis word. Sy medebeskuldigde is vrygespreek, omdat hy gekies het om teen Malherbe te getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

So…as die tjom vasgevat word; kan ons seker aanneem dat die huiduge “ongeruimdhede” tussen ESKOM en die Guptas ook onder dieselfde kam geskeer gaan word? Oooooopsi…skuus. Seker eerder nie want die kam skeer nie selfde waar selfverrykende magsbehepte swart persone betrokke is nie…

MissDemeanor ·

Bedrog is bedrog, dit moey uitgewis word, ‘n wit man se bedrog is nie anders as ‘n swart man se bedrog nie. Is jul morele kompas gebreek? Wie gee om wat sy kleur is, aan die binnekant is hy net ‘n verdomde skelm, en ons Eskom “kliente”/ “slagoffers” trek aan die kortste end agv van bedrog wat deur hom en ander gepleeg word. Ek wil graag sien dat hul almal gevang word.

Lise ·

@MissDemeanor, ek stem 100 persent saam met jou. Of dit nou onder watse velkleur gepleeg word, lig dit uit en roei hul uit! By my eie werksplek is daar bedrog gepleeg teenoor ons en ook deur my eie nasie WITTES! Ons blaas fluitjie dat dit klap, maar word nie gehelp nie. Tenders word net van hande verwissel en betalings aan werknemers word afgeskryf en ek ly hieronder!!

johann cb ·

Ek hoop nóg meer mense in alle sektore word vasgetrap vir hul misdade. Só moet die belastingbetaler die las dra en soveel mense in weelde laat leef.
Is die regte spelling nie Bellville nie? Vra net!

Sune van Heerden ·

Dagsê Johann

Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rissiepit ·

Wie deel in die buit is net so goed soos die een wat steel.
‘n Ligter straf sou hier meer vantoepassing gewees het vir die deelgenoot wat staatsgetuie gedraai het. Ons No1 & Kie steel miljoene van die Publiek en bloot ‘n “Oeps ek is jammer” of stilswye maak hom / haar skotvry. Ai, ons reg darem…

Rissiepit ·

Die wat deel in die buit is net so goed / skuldig as die een wat steel.
‘n Ligter straf vir die deelgenoot sou hier meer vantoepassing gewees het en hom / haar op die kriminele rekordsentrumlys geplaas het. SA se Nr 1 & Kie steel miljoene dmv bedrog & korrupsie van wetsgehoorsame landsburgers en as hy / sy uitgevang word ontken hul dit eers, dan maak dit of iemand anders hul nie ingelig het dat dit verkeerd is nie en laastens as niks gewerk het nie; se hy / sy net “Oeps, ek is jammer” en die tweederde meerderheid verskoon die misdaad onvoorwaardelik sonder enige regsaksie of kriminele record. Ai tog, ons wanfunksionele regstelsel en Staat darem…

Tambotie ·

Daar is nog baie van hulle wat hulle so self verryk , kyk maar net rond , maar nouja as no 1 dit kan doen dan kan almal sekerlik meedoen . Net jammer Jan publiek betaal vir al die bedrog . Ken self n paar mense wat in super weelde leef agv hulle posisies wat hulle beklee , en niemand vrae vra nie . Baie plek op die soustrein .

Slick ·

As sy medepligtige vry is omdat hy besluit het om vir die staat te getuig werk hy nog steeds vir Eskom en as hy baat gevind het by die oortreding het hy dit terugbetaal?

Takkie Takuuza ·

Eskom het 65 Miljoen verloor? So help my verstaan, het hy net tenders toegeken en nooit die werk gedoen nie, of het hierdie Energy Untility Services die werk gedoen waarvoor die tenders toegeken was? Skryf bietjie ‘n berig sodat ons gewone gepeupel ook kan verstaan.

ja nee ·

Hy moes nie bedank het nie, hy kon ook soos vele ander nou op verpligte betaalde verlof gesit het hangende die ondersoek!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.