Voormalige Eskom-hoof kry weer hoë regeringspos

Tshediso Matona. voormalige uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona. voormalige uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kabinet het Vrydag aangekondig dat Tshediso Matona, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, by die nasionale beplanningskommissie (NBK) aangestel is.

Matona, wat in Maart geskors is ná die aankondiging van ʼn kommissie van ondersoek na Eskom se bedrywighede, is as sekretaris van die NBK aangestel.

Matona was vir minder as ses maande aan die stuur van sake by Eskom en is deur Zola Tsotsi, voormalige raadsvoorsitter van Eskom, geskors. Tsotsi het later bedank ná ongelukkigheid oor sy besluit.

Eskom het in Mei aangekondig die kragvoorsiener en Matona se paadjies het geskei, maar dit benadruk dat dit in nie beteken dat Matona iets verkeerd gedoen het nie. Eskom het geweier om die grootte van die goue handdruk bekend te maak wat Matona ontvang het.

Pres. Jacob Zuma het intussen vroeër Vrydag mediaberigte ontken dat hy Matona om verskoning gevra het ná die Eskom-debakel. Die Mail & Guardian het berig dat Zuma onlangs persoonlik met Matona by die Uniegebou vergader het en gesê het hy het berou oor hoe Matona by Eskom behandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lynette ·

Wie kry n goue handdruk na slegs 6mde diens en n skorsing?

George ·

Nes aasvoëls, vlieg van een karkas na die volgende. Lekker dik gevreet.

Peet Schabort ·

NBK ? Wat word daar beplan ? Die maak van hoendertande ?

Johann Marx ·

Ek wil ook so aangestel word. “Doktor” Marx…..sonder dat ek enige kwalifikasie het, in ‘n pos waarvoor ek geen ondervinding het nie, net om 6 maande later geskors te word (met volle salaris en byvoordele) ‘n jaar by die huis te sit, en dan weg te stap met ‘n paar miljoen in die bank. Hoekom gebeur dit nie met my nie?

Christie Joubert ·

Waarom is ek glad nie verbaas nie? Hoe groter die lieg, korrupsie en onnoselheid, hoe beter die pakket.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.