Voormalige finansiële hoof van VBS gevonnis

Phillip Truter tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die voormalige finansiële hoof van VBS Bank, Phillip Truter, is tien jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Die Palm Ridge-handelshof het drie jaar van die vonnis vir vyf jaar opgeskort, het Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Truter het onderneem om sy samewerking aan die staat te gee. “Hy was aandadig en in diens tydens die VBS-debakel en het besluit om oop kaarte te speel,” het Ngwema gesê.

Truter is saam met die voormalige VBS-voorsitter Tshifhiwa Matodzi, VBS- uitvoerende hoof Andile Ramavhunga, VBS-tesourier Phophi Mukhodobwane, voormalige direksielede van die VBS en verteenwoordigers van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) Ernest Nesane en Paul Magula, voormalige ouditeursvennoot van KPMG Sipho Malaba, asook voormalige finansiële hoof van die polisie Phalaphala Ramikosi, by die skandaal betrek.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle in 2017 bedrieglike finansiële state opgestel, onderteken en goedgekeur het. Só het hulle valslik aan beleggers en die publiek voorgehou dat die bank in ʼn bestendige finansiële posisie was, terwyl dit eintlik insolvent was.

Sowat R2,3 miljard is na bewering binne twee jaar uit die bank se fondse getap.

“Wetstoepassingsagentskappe moedig altyd óf fluitjieblasers óf beskuldigdes wat na vore wil kom aan om ʼn volledige, openhartige en eerlike openbaarmaking van hul betrokkenheid by hulle slegte winste te doen,” het Ngwema gesê.

“Met tye, veral wat korrupsie betref, het wetstoepassers die samewerking van diegene in die binnekring nodig. Baie van dié skemas is betreklik geslote en net ʼn nou groepie sal kennis dra van die bedrywighede wat aan die gang was. Iemand soos Truter, wat besluit om aanspreeklikheid vir sy optrede te aanvaar, sal altyd aangemoedig word om met die staat te praat en sulke eerlikheid word verwelkom.”

Volgens Ngwema vorder die Valke en NVG se saak teen diegene betrokke by die VBS-skandaal goed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dries ·

Wel ek hoop ALLE medepligtiges wat op watter manier ook al voordeel getrek het uit hierdie bankroof, word vasgetrek en gestraf.

Scalla ·

Word die fondse terug verhaal, die wiel draai, wag vir nog baie kaders

Genis ·

Hoop die EFF word ook vinnig vervolg… die deler is so goed soos die steler

Johanncb ·

Kom ons hoop daar is binnekort nóg meer vonnisse wat opgelê word! Laat die wet sy gang gaan! Ons wag hiervoor!

Magda ·

Nog baie wat verhoor en gevonnis moet word, wag in spanning maar nie verbaas dat n Wit persoon eerste gevonnis word nie, wonder maar net oor die ander skuldiges – Ons almal weet wie ne?

Vriendelike Frikkie ·

Dink jy in jou wildste drome hulle sal skuldig pleit? Hulle reken dis hulle reg.

My siening ·

Wat van die geld wat Zuma gekry het vir Nkandla, was glo n lening of was dit n geskenk??

Johann ·

Ok? So uit AL die “verdagtes” is die eerste een wat skuldig bevind word en tronk toe gaan terloops…..BLANK? Skelm was hy skelm…maar hoor al hoe word sy getuienis deur “the people” as rassisme uitgehaal.

Hoop hy begin by MALLEMA en sy EFF ers se vergrype.

capie ·

Hulle sal nie aan malema raak nie. Opdragte van bo, want hulle is bang vir hom

Blikkies ·

Gaan die staat die geld verhaal of ten minste al hulle bates, pensioene en beleggings vat? Sal graag wil weet. ‘n paar jaar agter tralies gaan nie daardie arme mense se geld teruggee nie.

Nonnie ·

…. En WANEER GAAN DIE EFF SKELMS SAAM MET ZUMA AAN GEKLA WORD????????

Baardman ·

Hoekom is die ander beskuldigdes hierbo genoem nie ook gevonnis

Yvonne ·

Skande op skande….eerlikheid nou bietjie laat…hoop die ander boet ook

Spook ·

Dis die eerste een. Ek hoop hy sing soos ‘n kanarie oor die ander rakkers wat hulself so onskuldig hou. Aangaande sy familie wat nou swaarkry, hy moes aan die gevolge gedink het voor hy die misdade gepleeg het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.