Voormalige geneesheer-generaal van SANW sterf

Dr. Vejay Ramlakan saam met oudpres. Nelson Mandela (Foto: Penguin Random House)

Lt.genl. Vejaynand Indurjith Ramlakan, voormalige geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), is dood ná ʼn vermoedelike hartaanval.

Ramlakan was 63 jaar oud.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, het Vrydag in ʼn verklaring gesê Ramlakan is Donderdag in ʼn hospitaal in Johannesburg oorlede.

Ramlakan het oor die jare verskeie poste by die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens en die SANW beklee, waaronder geneesheer-generaal, voordat hy in Mei 2015 as hoof van korporatiewe dienste van die weermag afgetree het.

Ramlakan was ook voorheen inspekteur-generaal van die departement van verdediging.

Mapisa-Nqakula, Thabang Makwetla, adjunkminister van verdediging, en Sonto Kudjoe, sekretaris van verdediging, betuig hul innige meegevoel met sy familie en vriende.

“Mag sy siel in vrede rus,” het die minister se kantoor in die verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Hoekom was hy nie in 1 Militêre Hospitaal nie. Hy was dan in die Weermag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.