Voormalige hoof van Spur in kritieke toestand

Pierre van Tonder (Foto: Spur Corporation/ANA)

Die voormalige uitvoerende hoof van Spur, Pierre van Tonder, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Kaapstad ná ʼn selfmoordpoging.

Die 62-jarige Van Tonder was 24 jaar lank besturende direkteur en uitvoerende hoof van die groep voor hy in Desember 2020 afgetree het.

Val Nichas, uitvoerende hoof van Spur, het in ʼn verklaring bevestig Van Tonder het homself Sondagoggend by sy huis geskiet. “Almal by Spur is platgeslaan oor die nuus oor ons geliefde voormalige kollega. Ons doen alles in ons vermoë om sy gesin by te staan.”

Nichas versoek dat die gesin ruimte gebied sal word om aan Van Tonder se sy te wees.

Onder Van Tonder se leierskap het die groep van sowat 40 restaurante tot ʼn markleier met 631 restaurante landswyd en ʼn teenwoordigheid in 17 lande uitgebrei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariaan ·

Vreemd..ons dink altyd hierdie tipe skatryk mense is so gelukkig…maar tog het ons almal maar ons leemtes en hartseer..soveel so dat mens net nie meer lus is vir die lewe nie.. ..sterkte aan die familie…

Fedup ·

This is sad to read that people try take their own lives.
I honestly hope that he will get the help he need once he recovered.

Louisepretorius ·

Sterkte vir die familie.ons genade vergesel julle

Aai ·

Die besluite wat ‘n mens maak in die lewe en die Covid druk ons mense.Sterkte daar

Marcello ·

Ja, ek sê altyd vir my kinders: Ander mense se boeke is duister. Sterkte aan hom asook sy familie. En wie is ons om te oordeel.

Sias ·

Ek ly self aan bipolêre gedrag waar ek “highs” en “lows” het. As mens voel jy presteer is jy in ekstase. As dit verby is val jy in depressie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.