Voormalige hoof van Spur sterf

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur. (Foto: Spur)

Pierre van Tonder, voormalige uitvoerende hoof van Spur, is Sondagaand dood.

“Pierre is vreedsaam in die hospitaal dood. Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou, Jane, en kinders, Margot en Jordan,” het Val Nichas, uitvoerende hoof van Spur, Maandagoggend gesê.

Die 62-jarige Van Tonder was 24 jaar lank besturende direkteur en uitvoerende hoof van die groep voordat hy in Desember verlede jaar afgetree het.

Maroela Media het vroeër berig Van Tonder het verlede Sondag sy lewe probeer neem by sy huis in Kaapstad.

Volgens Nichas was haar voorganger oor die jare ʼn baie geliefde vriend en kollega vir talle werkers van Spur sowel as franchise-houers.

“Pierre sal onthou word vir sy passie, energie en totale toewyding, en sy nalatenskap sal voortleef in ons wonderlike restaurantgroep wat hy vir meer as twee dekades so suksesvol help bou en gelei het.”

Onder Van Tonder se leierskap het die groep van sowat 40 restaurante tot ʼn markleier met 631 restaurante landswyd en ʼn teenwoordigheid in 17 lande uitgebrei.

Nichas het versoek dat Van Tonder se familie privaatheid in hierdie tyd gegun word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zacahara ·

Werklik hartseer. Eintlik geweldig jammer dat mense tot so ‘n uiterste punt gedryf word. Ek durf ‘n voorspelling te maak dat in ‘n groot % (dalk die meeste?) selfmoordgevalle, depressie waarskynlik die katalisator is. Enigeen wat by daardie punt is: soek asb onmiddelik hulp, daar is ‘n lig aan die einde van hierdie donker tonnel!!!

Marcello ·

Sterkte aan sy familiee en vriendde, ek weet hoe dit is om iemand op hierdie manier te verloor. Mag die Liewe Heer julle krag, sterkte en vertroosting bied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.