Voormalige HS Verwoerd loop deur onder vandale

Die skool het oor die naweek deurgeloop. (Foto: Verskaf)

Rietondale High School, voorheen bekend as Hoërskool Hendrik Verwoerd, het slegs ʼn maand ná die skool se naamsverandering onder vandale deurgeloop.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling in Gauteng, het Maandag foto’s van die skool op Twitter gedeel nadat die skool die naweek beskadig is.

Die Gautengse departement van onderwys het gesê vandale het onder meer die skool met wit verf bygekom en krane en stortkoppe wat onlangs in die nuwe badkamers geïnstalleer is, gesteel.

“Ons is gewalg en geskok oor hierdie gedrag. Ons doen ʼn beroep op die polisie om alles in hul vermoë te doen om hierdie gesiglose individue in hegtenis te neem. Hierdie daad teen die skool is ʼn skending van ʼn fundamentele mensereg en ondermyn ons transformasie-agenda.

“Hierdie daad sal ons egter nie afskrik van ons agenda om die onderwysstelsel te transformeer nie. Vandalisme by skole verg die dringende aandag van alle strukture van die burgerlike samelewing en ons vennote in die onderwyssektor,” het Lesufi gesê.

“Ons veroordeel enige misdadigheid en die ontwrigting van skoolopleiding, wat die waardigheid van leerders én opvoeders ondermyn, ten sterkste. Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om hul skole te beskerm en inligting te verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van hierdie misdadigers.”

Die stryd teen rassisme en haatmisdade moet verskerp word namate ons voortgaan met die opbou van ʼn nierassige, nieseksistiese en verenigde demokratiese Suid-Afrika, het Lesufi bygevoeg.

Die departement het ʼn span van die distrikskantoor gestuur om die skool te ondersteun. Die departement werk ook nou saam met wetstoepassingsagentskappe om te verseker dat die skuldiges vasgetrek word.

Maroela Media het vroeër berig die skool is op 23 Augustus vanjaar onder Lesufi se leiding herdoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Seepbox ·

Is die vandalisme waarna hier verwys word die bietjie verf? Mens verwag deesdae erger, soos ‘n skool wat afgebrand word, ruite sukkend, bande wat brand…

Dries Moolman ·

Jy is heeltemal reg. Hierdie is kinderspeletjies teen die vandalisme waarvan ons daagliks in die nuus hoor. As Lesufi gewalg en geskok moes wees oor elke skool wat in vlamme opgaan, sal hy permanent terapie moet kry.

Sêmaarnet ·

Toe Lesufi speel nou daai raskaart soos gewoonlik jy is mos so goed daarmee. Dis nou seker mense wst die ou naam aangehang het of is dit weer ou Jan se skuld?

Elize ·

Vergewe my, maar die trane loop soos ek lag. Sien Lesufiiiii, julle ou kaart huisies tuimel die een na die ander. Verander name verander net wat julle wil maar n boer se gees knak julle nie soooo maklik nie. Ons is gedissiplineerd en wag ons kanse goed af.

Koos de Meyer. ·

Hy is gou om weer die rassisme perd op te saal, maar wat van sy skole in die townships wat ge plunder word,afgebrand ens.

Jan ·

Hoe kan enige iemand beweer dat hierdie daad gekoppel word met rassisme?

Jaco ·

Hoe durf die verf wit wees, die verf is rassisties. Wit verf gaan nou ook verban word saam met die vlag

ano ·

Fluister net in lesuf se oor, dis verwoerd self. Hy kom nie weer daar naby nie

HC ·

Dink ek, ek lus so bietjie saam met leerlinge om verf teen muur te smeer en spuit – bemors maak!!! HE HE HE

jaco ·

waarom is die Hendrik Verwoerd tonnels op die N1 in die berpas net buite Louis Trichardt nog nie verander nie? Niemand uit ANC- en EFF-kringe kla ook daaroor nie. Baie vreemd. Ek het verlede woensdag daar verby gery. amper n ongeluk gamaak toe ek sien die naam is nog daar.

HPV ·

Nou toe nou, wit verf word ook nou geklasifiseer as rassisties, wat is volgende?

Adam ·

Dit is hoog tyd dat die regering besef ons bly in ‘n veelrassige land en dat hoe meer hulle torring aan die geskiedenis, hoe meer vestig hulle die aandag op die verdeeeldheid in die samelewing. SA sal nooit verenig kan word nie en die argument word duidelik gesteun deur die feit dat die ANC homself nie eens kan verenig nie.

Jan ·

Ek kan nie onthou dat daar ooit ń ooreenkoms was om te verenig nie, ek het reeds my Afrikaner nasie, die enigste mense met wie ek wil verenig.

Peet ·

Herr Lesufie, wat laat jou dink die vandalisme is teen transformasie.
Another day in Gauteng..

Cornelia Steyn ·

Hulle wil skole en geleerdheid hê en hê en hê en ons wittes móét net inval en tevrede wees met naamsveranderings!! En vandat die name so verander is, lyk dit of dit erger gaan. Ons word uitgekryt as rassiste en die woord “apartheid” wat hulle so lief is om te gebruik, val seker lekker op hulle tonge; omdat dit Afrikaans is. Ons opgevoede Afrikaners sal nie opgee nie, want ons God het nog nooit Sy kinders in die steek gelaat nie. Gee hulle genoeg tou, hulle gaan hulleself ophang en Lusifi gaan die eerste wees. ????????????????????????

B ·

Soos al Sy kinders in Zimbabwe, ens Cornelia?

Nee wat, van sit en staan (en bid) kom niks gedaan, geloof is AKSIE.

Jan ·

Die skool self het besluit om die naam te verander, alhoewel omtrent al die onderwysers nog wit is het die skool reeds so getransformeer dat dit seker90% swart is, ek sal nie van swart kinders verwag om gelukkig te wees met die naam Verwoerd nie.

Boertjie ·

Ontplooi onmiddelik die weermag om die probleem op te los. Dis net n paar spatsels dalk het die verf van n bakkie of iets af geval perongeluk!!!

Dr Phil ·

Nee, julle verstaan nie: wit is deel van die ou vlag en dus is die wit verf seker haatspraak…

sweis ·

Nou vertrou lezufi op die polisie ,hulle kan nie eers hekmotor skelms vang nie wat nog van muur kunstenaars in die area ,hy is so behep met ras en rassisme,weet hy dat hy deel is van die bevoordeelde ras en gelukkig is om nie deel van die huidige benaadeelde ras te wees nie.

McG ·

Oeh eheh… die man bly net geskok. Ek dink hy moet ‘n kommitee aanstel wat dan in-diepte gesprekke sal hê met alle rolspelers en partye betrokke sodat almal se insette gekry kan word om presies nou te kan uitvind WAT hierdie soort misdaad dan nou veroorsaak – ek dink dis omtrent die strekking van wat tans oor alles gesê word? Dis lagwekkend dat hulle hulle eie praatjies glo…

Ben ·

Rassisme oor n paar spatjies wit verf? Hoop vir de ANC hulle Luthuli house staan volgende week nog reg orent of miskien al afgebrand!

Gert van Wierdapark ·

Stortkoppe en krane kan n “inside job” wees! Die muur is dalk iemand wat verskuilde kuns-talent het? Hopelik word vinger-afdrukke van die wasbakke geneem! He-he!

Nugter ·

Lusefi, ek hoop die anc se luthuli house oorleef teen jou eie mense se aanslag oor die volgende twee weke.

Muffin ·

Penelope ek dink die HS in die opskrif staan vir Hoerskool.
Verder weet ek ook nie hoekom moes die skool se naam in die 1ste plek verander het nie. Belaglik

Jan ·

Want die skool se beheerliggaam het self besluit om dit te verander.

Johan Pretorius ·

Die skool sal gertransformeer word soos die swak skole in die “Townships”. Plaas dat Lesufi meer aandag gee aan sy swak skole in die ” Townships” probeer hy alles om Afrikaanse skole te vernietig.

Dis Nou ·

Lesufi stel dadelik ‘n kommissie aan om die voorval vir ons te ondersoek

Skepties ·

Voordat enige skuldige vasgetrek is besluit Lefoefie dit is n daad wat transformasie ondermyn. Wonder of die daad nie n gevolg van tranformasie is nie.

Boerseun ·

Dis waarskynlik Lesufi se ANC se Derde Mag wat dit gedoen het ten einde wittes te diskrediteer. Die ouens het egter ‘n hopelose poging tot verf-ontsiering aangewend.

wet ·

Hehe, nog nooit gelees van vandalisme to die skool nog Hendrik Verwoerd genoem was nie. Lyk my hulle was bang vir die groot apartheid spook. Nou dat hy weg is nou loop die plek onder vandalisme deur.

SjN ·

Drikus, net so en Lesufi sal beraders ook stuur om die wit verf met swart te vervang.

Marinda ·

O wee, Lesufi, moet ons nie eerder wag tot ons sien wat die Polisie uit die ondersoek maak voor ons op die bandwagon spring nie?
Of is daar nou al klaar besluit dit sal so wees en basta met die res?

George in Bloem ·

Ek wil al vormeer as ek hoor van “transformeer”.

Wils ·

Is dit nie dalk maar ‘n hadeda wat daar weggespring en geblerts het nie?

Leon ·

Wel dit is nou ‘n voorheen benadeelde skool, so hy word nou as ‘n voorheen benadeelde skool behandel. Nou kan hulle hom vandaliseer en afbreek en verwoes soos hulle al die voorheen benadeelde skole verwoes. Wat verwag hulle. Hulle het respek gehad vir die ou skole. Watse respek het hulle vir die skool.

Lee ·

So is hy verseker dis “wit” persone wat dit gedoen het hkm se hy sal voortgaan met veranderinge???

Judge Dredd ·

Is dit nie maar hoe dit gaan by getransformeerde skole nie, of hoe Lesufi?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.