Voormalige Idol in hof

Karin Kortje

Karin Kortje, ʼn voormalige SA Idols-wenner, het Woensdag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dronkbestuur.

Die Cape Argus het Donderdag berig Kortje is verlede jaar in Julie voor ʼn polisiestasie in Riebeeckweg in hegtenis geneem. Die polisie het haar van die pad af getrek nadat hulle gesien het sy bestuur onreëlmatig en roekeloos.

Kortje het Woensdag kalm in die hof voorgekom. Die uitslae van haar forensiese toetse wat haar bloed-alkoholvlak aandui, was egter nog uitstaande en die hofsaak is tot 12 November uitgestel.

Kortje het in 2005 die Idols-sangkompetisie gewen. Voor dié kompetisie het sy appels by ʼn plaas verpak.

Hier is ʼn video van een van haar Idols-optredes.

http://youtu.be/dcdVWr2lnxg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

Ek het van die haar tyd by Idols nie van haar gehou nie, sy is bevoordeel en daar was verseker jongmense wat eerder die wen plek verdien het. Sy was nou al hoeveelkeer in die moeilikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.