[Video] Voormalige Kaapse kinderster sterf op 43

Ricardo Groenewald

Ricardo Groenewald

Ricardo Groenewald, die sanger wat op ʼn jong ouderdom bekendheid verwerf het met die treffer “I Love You Daddy”, is in die ouderdom van 43 oorlede.

Julian Claassen, Groenewald se pastoor en die familie se woordvoerder, het gesê Ricardo is dood terwyl sy vrou, Helen, langs sy hospitaalbed was. “Namens Helen en die familie wil ons almal bedank vir hulle ondersteuning,” het hy gesê. Claassen het gesê begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Groenewald is vroeër die week in die intensiewe sorgeenheid van die Tygerberg-hospitaal opgeneem nadat hy Sondag deel was van ʼn konsert om geld in te samel vir sy mediese onkoste. Groenewald is vroeër vanjaar met fase 4-limfkanker gediagnoseer en het onmiddellik behandeling begin ontvang.

ricardo-groenewaldGroenewald het op agtjarige ouderdom bekendheid verwerf met sy groep Ricardo and Friends se treffer “I Love You Daddy”. Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het hulde gebring aan Groenewald. “Hartseer om te hoor oor die afsterwe van die musikant Ricardo Groenewald. Ons gedagtes is met sy vriende en familie. Mag sy siel in vrede rus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Ai, dis nou so jammer dat so iets met hom moes gebeur het. Ek het hierdie liedjie al vir my kinders gespeel, want ek het hulle van die liedjie vertel en hoe mooi hierdie kinders dit gesing het, en dat ek as grap dit partykeer vir my pa sou sing. Dit het nou die trane laat loop met die aanhoor van die liedjie ..mis my pappie nou so vreeslik en is nou so hartseer, ek verlang sommer na die wat ek ook nie eers ken nie. So sleg om iemand vir wie jy so bitter lief is aan die dood af te staan. Baie sterkte aan Ricardo se familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.