Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Vrydag die skuldigbevinding van Wilma Brady (59), ʼn voormalige raadslid, verwelkom. Sy is skuldig bevind op aanklag van bedrog en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
Brady, ʼn voormalige raadslid en voorsitter van die Oostenberg-subraad van die Stad Kaapstad, het op ʼn bedrieglike wyse ʼn diensverskaffer aangestel om 33 huise ter waarde van ongeveer R3 miljoen in Malibu Village, Blue Downs, te bou, sonder om die nodige tenderprosesse te volg, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.
Sy het ook namens die provinsiale departement van behuising in die Wes-Kaap ʼn vervalste aanstellingsbrief aan die diensverskaffer gebied.
“Sy is op 11 Julie 2018 in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville skuldig bevind op albei klagtes,” het Nkwalase bygevoeg. Sy sal na verwagting op 17 Augustus weer in die hof verskyn vir vonnisoplegging.
Klein vissie. Wat van al die ander wat voor haar met dieselfde streke op ‘n skaal van epidermiese porporsies dieselfde tricks uitgehaal het? Ons weet almal wie hulle is en wat hulle gedoen het…………..maar die NVG weier om te vervolg? Hoekom?
Dit is seker ‘n klein vissie maar die tendens is darem in die regte rigting..
Ek word maar net hoeveel van daai betalings het “terug gekom”?
Snaaks dat die berig nie meld sy was ‘n DA-lid nie?