Voormalige kêrel gee hom oor ná vrou se moord

Christopher (Stoffie) Watson en Angelique Fourie (Foto: Mike Bolhuis, Facebook)

Die vermoorde Angelique Fourie (27) se voormalige kêrel het hom Dinsdagoggend aan die polisie oorgegee.

Christopher (Stoffie) Graham Watson het hom omstreeks 06:45 by die Norkem Park-polisiestasie in Kempton Park aangemeld.

Private ondersoeker Mike Bolhuis se ondersoekspan het Maandag ’n soektog na Watson van stapel gestuur. Hy het kort ná Fourie se dood met haar tweejarige op die vlug geslaan en toe soos ’n groot speld verdwyn.

Volgens Bolhuis het die soektog en die toetreding van die gemeenskap tot die saak baie gehelp om Watson op te spoor.

“Ek glo die lig wat op die voorval gewerp is, het baie druk veroorsaak wat Watson op die ou einde genoop het om hom oor te gee,” sê Bolhuis.

Fourie se pa, Awie, het Maandag op Facebook gepleit dat Watson opgespoor moet word. Hy het vanoggend op sy blad bevestig Watson is gevind en het lede van die gemeenskap en Bolhuis bedank vir hul hulp met die soektog.

Maroela Media het vroeër berig Fourie se liggaam is Maandag vroegoggend in ’n plas bloed in haar huis in die Terra Nova-kompleks in Trichardt, Mpumalanga, gevind. Daar word beweer dat sy ’n oop wond aan haar nek gehad het.

Volgens ooggetuies het Watson en Fourie Sondagaand ’n uitval by ’n plaaslike kroeg in Trichardt gehad. Hulle is daarna huis toe waar dinge na bewering handuit geruk het.

Watson het daarna glo met Fourie se tweejarige dogter na sy suster se huis in Secunda gereis. Hy het haar omstreeks 23:30 daar gelos en op die vlug geslaan.

Maroela Media kon sedert Maandag nie die woordvoerder van Trichardt-polisiestasie in die hande kry vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Dankbaar hy is nou in aanhouding en daai arme pa kan dalk nou antwoorde kry. So bitter hartseer en sterkte aan die familie, soveel te meer daai arme dogtertjie wat nou beide ouers verloor het.

Klein Karoo Loper

So gehoop Fourie se pa kon eers bietjie sy panele klop. Toe hardloop die slapgat Polisie toe.

Diline

You can run but you cannot hide! Mens se sondes haal jou wel in

Wielspore

Baie dankbaar dat die monster opgespoor is, ongelukkig het die gebeure teen ‘n prys gekom, ‘n vrou het haar lewe verloor en ‘n jong kind het haar moeder verloor.
Ons dogter en haar twee seuns het 9 jaar onder die vuiste en skerp tong van ‘n Narcissist deurgeloop tot sy hom verlaat het, die beste besluit ooit.
Daar is baie sulke monsters in ons samelewing en ouers moet hulle dogters bystaan in hulle keuses van lewensmaats.
Sterkte aan die ouers van Angelique.

Francois

Sal interesant wees om sy storie te hoor