Claudia Henkel, die skoonheid wat in 2004 die Mej. SA-kroon gedra het, is swanger met ʼn tweeling.
Henkel het dié nuus Vrydag op sosiale media gedeel.
“Die bloeisels blom in die lente en nou blom my magie ook,” het sy op Instagram gesê.
Op ʼn vraag van ʼn aanhanger op dié sosialemediaplatform het sy bevestig dat sy swanger is met ʼn tweeling.
Henkel, wat deesdae vir Sun International werk en onder meer steeds die Mej. SA-skoonheidskompetisie bestuur en aanbied, is in 2015 met Orin Roesstorff, ʼn sakeman, getroud.
- Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige Mej. Suid-Afrika, het verlede maand aangekondig dat sy Suid-Afrika volgende jaar in die Mej. Heelal-kompetisie gaan verteenwoordig.
Lees meer oor die Mej. SA-skoonheidskompetisie op Maroela Media.
Wat is in die water wat ons bekenders drink almal kry 2linge maar ek sê ook soma baie geluk
Nee wat Oumie, gebeur onder ons nie bekendes ook. Ek self 4 jaar terug ouma van n drieling geword. Ha-ha maar het nie die koerante gehaal nie.