Voormalige Mej. SA deel swangerskapnuus

Claudia Henkel (Foto: Instagram)

Claudia Henkel, die skoonheid wat in 2004 die Mej. SA-kroon gedra het, is swanger met ʼn tweeling.

Henkel het dié nuus Vrydag op sosiale media gedeel.

“Die bloeisels blom in die lente en nou blom my magie ook,” het sy op Instagram gesê.

Op ʼn vraag van ʼn aanhanger op dié sosialemediaplatform het sy bevestig dat sy swanger is met ʼn tweeling.

Henkel, wat deesdae vir Sun International werk en onder meer steeds die Mej. SA-skoonheidskompetisie bestuur en aanbied, is in 2015 met Orin Roesstorff, ʼn sakeman, getroud.

  • Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige Mej. Suid-Afrika, het verlede maand aangekondig dat sy Suid-Afrika volgende jaar in die Mej. Heelal-kompetisie gaan verteenwoordig.

Lees meer oor die Mej. SA-skoonheidskompetisie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

oumie ·

Wat is in die water wat ons bekenders drink almal kry 2linge maar ek sê ook soma baie geluk

Ander Oumie ·

Nee wat Oumie, gebeur onder ons nie bekendes ook. Ek self 4 jaar terug ouma van n drieling geword. Ha-ha maar het nie die koerante gehaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.