Voormalige minister kry fris handdruk

Tina Joemat Petersson. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Nasionale Vergadering het Donderdag ʼn eenmalige betaling van R2,1 miljoen aan Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie wat haar pos kwyt is ná pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling in Maart, goedgekeur.

Die betaling kom uit die departement se aangepaste begroting en geld wat vir ʼn nasionale sonkragverwarmingsprojek geallokeer is.

Gavin Davis, DA LP, het kapsie gemaak teen die betaling wat deur die tesourie goedgekeur is, maar nog deur die parlement goedgekeur moet word.

Davis het gesê Joemat-Pettersson verdien nie ʼn beloning nie aangesien die raaiselagtige verkoop van Suid-Afrika se strategiese oliereserwes teen ʼn baie lae prys in Desember 2015 plaasgevind het terwyl sy die pos van minister beklee het.

Joemat-Pettersson het ontken dat dit ʼn verkooptransaksie was en gesê dit was ʼn rotasie van onbruikbare oliereserwes. Mmamoloko Kubayi, haar voorganger, het egter bevestig dat dit verkoop is. Die transaksie het ook sonder die goedkeuring van die tesourie plaasgevind.

Davis het gesê in stede daarvan om haar verantwoordbaar te hou vir haar aksies stel die departement nou voor dat sy R2,1 miljoen se beloning ontvang. “Om sake te vererger word dié geld uit ʼn volhoubare energieprojek gevat.”

“Hoekom moet ons vir minister Joemat-Pettersson ʼn goue handdruk van R2,1 gee terwyl sy in haar persoonlike hoedanigheid die diefstal van ons oliereserwes goedgekeur het teen ʼn koste van R2 miljard vir ons ekonomie,” wou Davis weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Skokkend, gee dit liewer vir Mnr. Mulder wat uittree na 30 jaar diens.
Die regering moet liefs ons landswapen se leuse wysiging na Engels,
” Squandered assets”
in plaas van
Ki'” ko, -: ka. – Kom drink by die krip.

Genieve ·

En ons land is besig om in ellende te val. En ons Jan alleman moet net belating betaal dan word die hooggeplaastes n vet handdruk gegee na n paar jaar se werk.Raak skokkend by die dag.

kat ·

Kyk die een wat agter haar sit. Waarna kyk hy? Dink miskien wat hy eendag gaan kry?

Marianne ·

WELL DONE!!! BEROOF NIE LAND MEER.
Lyk my almal in hoë posisies word beloon vir wandade en word gegoet, nie beboet.
Gaan ons Regsstelsel ooit verander? Gaan ons weer kan trots Suid Afrikaans wees?

Cor ·

Ek betwyfel dit nie in hierdie leeftyd nie. Die voorbeeld word dan vir die toekomstige jong leiers gestel. Daar is geen etiek en waardestelsls in plek nie.

Alida 2 ·

Hoeveel keer nog?
As jy nie in die president se goeie boekies is nie vind ‘n kabinetskommeling plaas en ons vuisvoos belastingbetalers moet weer opdok. Of gebeur dit dalk omdat jy juis in goeie boekies is en dit ‘nmanier is om iemand te verryk?
Geen verantwoordelikheid sin vir enige van hulle dade nie.
Gee die R2.1 mil.liewer vir Eskom dan hoef hulle nie sulke voorleggings te doen vir hoer tariewe nie.
Ons kan nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.