Voormalige munisipale bestuurder en finansiële beampte gevonnis oor korrupsie

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Louis Nothnagel (55), ʼn voormalige munisipale bestuurder en Marius Botha (58), ʼn voormalige finansiële beampte by Karoo Hoogland-munisipaliteit is saam met Ockert Tobias Cloete (65) in die Williston-streekshof gevonnis op aanklag van korrupsie.

Botha en Cloete, wat homself as ʼn maatskappyeienaar voorgedoen het, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van korrupsie, vier jaar vir geldwassery en twee jaar op vier aanklagte van bedrog, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Cloete is ook tot ʼn bykomende agt jaar tronkstraf gevonnis vir ʼn afsonderlike aanklag van bedrog.

Nothnagel is tot 12 maande tronkstraf gevonnis met ʼn alternatiewe boete van R5 000 vir oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, wat neerkom op nalatigheid of versuim om korrupsie te voorkom, het Nkwalase bygevoeg.

Lt.genl. Yoliswa Matakata, waarnemende nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het die vonnis teen die drie mans verwelkom. “Dit sal as ʼn afskrikmiddel dien teen korrupsie, veral vir diegene in die staatsdiens. Diegene wat korrupsie sien gebeur het ʼn verpligting om dit aan te meld. Versuim om dit te doen sal tot vervolging lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

met hulle wit velkleur, moes hulle elke dag vir die liewe Vader in die hemel dankie gesê het dat hulle wel werk het en hulle werk na die beste van hulle vermoë gedoen het. DUISENDE wit mense sit sonder werk; hierdie drie wit mense MET werk mors dit op.

Alida ·

Wie se dit is blankes? Kan kleurlinge ook wees. Des van Rooyen?

M Basson ·

Hulle is volbloed, opreggeskape, bevoorregte en gulsige Afrikaner witmense. Hulle het die gemeenskap wat hulle moet dien, geminag en gebuig voor die troon van Mammon. Hulle het die vertroue wat in hulle gestel was om die gemeenskap ten beste te dien, verloen om hulle self te verryk. Dis skandelik, GEEN SIMPATIE!

johann ·

ek het nie simpatie met die skuldiges nie maar waarom vat dit lewenslank om anderskleuriges skuldig te bevind en te vonnis veral die politisie

Chris Ws ·

Maak nie saak wie of wat hulle is nie eks bly hulle is gevonnis.Nou moet die res van die korrupte munisipale bestuurders in die land ook tronk toe!

EJ ·

Ek wil graag sien die af skrik middel vir korrupsie in die staatdiens en die goverment. LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.