Voormalige munisipale hoof gevonnis vir bedrog

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Voormalige munisipale bestuurder van die Oudtshoorn-munisipaliteit is in die hof vir handelsmisdade in Bellville gevonnis op vyf aanklagte van bedrog en een van geldwassery ter waarde van sowat R225 900.

Thandile Wilbarforce Salman (34) is tot ses jaar tronkstraf gevonnis.

Landdros Sabrina Sonnenberg het Salman tot nege jaar tronkstraf gevonnis waarvan drie jaar opgeskort is. Salman het deurentyd skuld op die aanklagte ontken.

Sonnenberg het in haar uitspraak gesê Salman is intelligent en ʼn lid van die ANC met ʼn “rooskleurige toekoms voor hom”.

Volgens Sonnenberg het Salman vriende en familie se bankrekeninge gebruik om geld wat op bedrieglike wyse bekom is na homself te herlei. “In sommige gevalle het jy selfs vir hulle gejok oor die rede waarvoor hy hul rekeninge gebruik het. Leuens is dikwels die saadjies wat in bedrieglike bome verander,” het Sonnenberg gesê.

Sy het bygevoeg dit begin vir die howe lyk of die nuwe nasionale sport in Suid-Afrika beamptes is wat die munisipaliteite se koffers leegdra asof daar geen toekoms is nie.

Ezmerelda Johnson, die staatsaanklaer, het aangevoer die Oudtshoorn-munisipaliteit moes twee keer onder administrasie geplaas word as gevolg van bestuursbedrog, wanadministrasie en korrupsie – die eerste keer in 2007 en weer verlede jaar. Salman is in 2012 vasgetrek deur die Valke se eenheid vir handelsmisdade.

Volgens die klagstaat het Salman vervalste fakture en kwotasies bekom vir werk wat reeds voltooi was. Hy het hierdie dokumente gebruik om vervalste fakture en kwotasies op te stel, wat hy voorgegee het deur egte diensverskaffers ingedien is en dan die betaling daarvan in sy sak gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dienslewering ·

Ander ‘neem’ net op ‘n wettige manier van die belastingpligtige maar dienslewering is ‘n ronde NUL.

Tiger ·

Sy vonnis is te lig vir die dade wat hy gepleeg het.As hy 2 jaar gaan sit sal dit sneeu in Desember!Binnekort doen hy weer dieselfde.

Frederik ·

” ‘n ANC lid met ‘n rooskleurige toekoms ” ?? Ek gaan ook môre aansluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.