Voormalige omroeper in hof oor seksklag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige omroeper by ʼn Port Elizabethse gemeenskapsradiostasie het Woensdag in die landdroshof in dié stad verskyn op aanklag van seksuele aanranding.

Die 36-jarige omroeper wat vroeër by Kingfisher FM gewerk het, is tydens ʼn vorige verskyning op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Volgens die staat het die omroeper, wat nie geïdentifiseer mag word voordat hy gepleit het nie, glo verskeie dreigoproepe aan ʼn 22-jarige vrou gemaak. Hy is in Augustus in hegtenis geneem. Die omroeper het glo gedreig om die vrou te verkrag en seksueel aan te rand.

Die beskuldigde word deur die bekende Kaapse prokureur William Booth verteenwoordig. Die saak is tot 2 Maart uitgestel wanneer daar na verwagting op ʼn verhoordatum besluit sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

François ·

Kan iemand my vertel hoekom hulle so lank vat om met die saak aan te gaan? Lyk vir my of die beskuldigde speel vir tyd, die rede hoekom hy nog nie gepleit het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.