Voormalige onnie in hof ná wiskundevraestel uitlek

Argieffoto

Argieffoto

Die 52-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die matriekwiskundevraestel, wat verlede maand in Limpopo uitgelek het, het Woensdag in die Giyani-landdroshof verskyn.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, het gesê die beskuldigde, Tinyiko Alphas Khosa, het vlugtig verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie.

“Die saak is tot 23 November uitgestel vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding,” het Maluleke gesê.

Volgens Maluleke is Khosa ʼn voormalige onderwyser, wat bedank het en nou die direkteur is van twee kolleges in die Malamulele-omgewing.

Maluleke het gesê meer inhegtenisnemings word verwag.

Maroela Media het vroeër berig Khosa het hom Dinsdag by die Giyani-polisiestasie oorgegee.

Die Valke se ondersoek na die voorval het hulle na Gauteng gelei, waar talle mense verklarings afgelê het en die oorsprong van die uitlek van die vraestel na Limpopo teruggevoer het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het vroeër vandeesmaand gesê ʼn leerder van Gauteng het die matriek-wiskundevraestel aan leerders in Limpopo uitgelek. Die leerder in Gauteng het die vraestel glo aan ʼn leerder in Limpopo gestuur om die antwoorde te probeer kry. Twee leerders aan Giyani High School het die vraestel verder op WhatsApp versprei, voordat dit deur matriekleerders geskryf is.

Die volle omvang van die voorval sal teen Vrydag bekend wees en diegene wat by die skandaal betrek word, sal in kennis gestel word dat hulle die vraestel moet oorskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Kyk ma mooi. Sy verskoning gaan weer wees hy was benadeel…min betaal…sukkel om sy harem te onderhou…maar skuus en skuldig? No way!!!!

Theresa ·

Siestog. Wou seker maar hê daardie streek se matrieks moet almal slaag ter wille van ‘n koerantfoto. Propvol streke – eintlik al ‘n cliché, jaarliks dieselfde snert. Les nommer 1 steeds nie geleer nie: Mens moet ongelukkig werklik leer, verstaan en dan weergee. Dis eksamen. Niks anders lewer ordentlike afgestudeerde studente op nie. Dis wanneer ‘n goeie werkskorps volg. Dis wanneer hooggeleerdes ‘n spiets kan doen sonder om heeltyd af te lees en klomp bog kwyt te raak. Dis wanneer mense in ‘n hospitaal nie aan allerlei vreemde sepsis sal sterf a g v swak versorging nie. Ens., ens., ens. Ai.

Johann ·

Hy gaan seker nou n eredoktersgraad in entrepeneurskap kry? En n professorskap in praktiese selfontwikkeling en afrika ekonomie? Ergste is: dis HOOGSwaardkynlik nie die 1e keer wat meneer sy toegang tot beskermde info last uit lek het vir n paar rand nie!

LS ·

Ek weet nie hoekom kry die wat gekul het met die vraestel tyd om weer te skryf nie, hulle moet hulle summier skors of eers volgende jaar se eindeksamen laat oorskryf.

Dat hulle nog ‘n kans kry om te skryf gaan my verstand te bowe REGTIG !!!
Een plus Een maak lankal nie meer Twee in die land van ons nie wragtag !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.