Voormalige polisiehoof in hof

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni. Foto: SAPD

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, voormalige polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het Maandagoggend saam met ’n medebeskuldigde in die Durbanse landdroshof verskyn in verband met bewerings van korrupsie en bedrog.

Dié bewerings behels fakture vir verblyf vir polisiebeamptes wat ten tyde van die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi onregmatig verhoog is.

Daar word ook beweer dat daar destyds gepoog is om ’n polisiebeampte om te koop.

Ngobeni en kapt. Aswin Narainpershad (52) het vanoggend in die hof verskyn kort nadat hulle hulself aan die Durbanse polisie oorgegee het.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Ngobeni en Narainpershad is op borgtog van onderskeidelik R20 000 en R10 000 vrygelaat – op die voorwaarde dat hulle hul paspoorte inhandig.

Die saak is tot 11 November uitgestel wanneer die twee saam met die Durbanse sakeman Thoshan Panday en nog ʼn polisiebeampte, kol. Navin Madhoe, in die hof sal verskyn. Die staat sal na verwagting dan ʼn klagstaat en die saakdossier aan die vier verdagtes voorlê.

Maroela Media het vroeër berig Ngobeni is in Mei 2016 geskors oor haar beweerde bande met Panday.

Sunday Independent het in April daardie jaar berig oor ʼn verslag van die uitvoerende direkteur van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oor beweerde sistemiese korrupsiesake in KwaZulu-Natal. Ngobeni se naam is glo in die verslag genoem.

ʼn Onafhanklike forensiese oudit het glo ook bevind dat daar ʼn “moontlike korrupte verhouding” tussen Ngobeni en Panday is.

Johan Booysen, geskorste Valke-hoof van KwaZulu-Natal, het in hofdokumente aangevoer dat Ngobeni hom versoek het om nie vir Panday te ondersoek nie.

Panday het na bewering vir ’n verjaardagpartytjie van Ngobeni se man betaal in ruil vir tenders. Panday het glo fakture vir verblyf vir polisiebeamptes ten tyde van die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi onregmatig verhoog. Hy word verder daarvan beskuldig dat hy Booysen met R2 miljoen wou omkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kokerboom ·

Verdien hul nog vol salaris sedert 2016? Hoekom neem die regstelsel so lank tot skuldigbevinding?
Rangstelsel in SAPS en Weermag het ‘n klug geword!

Androclus ·

Hulle het sulke hoë range in diens maar is nog steeds so skelm.Weet blykbaar nie wanneer genoeg,genoeg is nie.

Androclus ·

Klaar afgetree so jonk,dis seker om lekker daardie miljoene te eet.

JohanR ·

Kan enigeiemand in Suid Afrika ‘n polisiekommissaris word, of ‘n president for that matter. Nadat jy jou naam bo aan die “soek ‘n job” vorm geskryf het dan maak hulle jou ‘n polisiekommissaris, of ‘n president!

Stefan ·

Bly om te sien daar word van die korruptes ‘opgetel’, nou moet hulle nog net ‘vasgevat’ word.

Chris ·

Dit is die geagte dame wat Genl Booysen geskors het, die wie draai stadig maar hy draai

Casper ·

Kan iemand ny reg help.Johan Booysen was deur advokaat Jiba geskors a g v politieke druk omdat hy hoë profiel korrupsiesake ondersoek het.nou is my vra. 1 Is Johan Booysen nog geskors na alle sake teen hom laat vaar is. 2. Het hy hierdie Lt.Gen ook ondersoek.Nou verstaan ek hoekom is Johan Booysen geskors.

koos10 ·

Hy is op vervroegde pensioen.
Die vrou het die SAPS van een van sy bestes beroof. Hy het Panday ondersoek en op die ding afgekom.
Die vrou het alles in die boek probeer om die ondersoek te stop, tot vals klagtes teen hom en die “Cato Manner Hit Squat” gefrabriseer.

Okmardom ·

Kyk na missie e visie van SAPS. hoekom het sy nog daai uniform aan. Daai rang moet aangetree, op n paradegrond verwyder word. Waar is die trotse polisiemanne. Dit is hou dit werk. Sy is skaamteloos.

Jakes ·

Het hierdie mense geen gewete nie? Lyk my die vrot in die polisie het geen beperking op rang nie. Ek kry skaam vir hul part.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.