Voormalige polisiekaptein gevonnis oor korrupsie

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Voormalige polisiekaptein is in die Pretoria-handelsmisdaadhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 30 aanklagte van korrupsie.

“Lawrence Mamogobo, ʼn voormalige vuurwapenbeampte by die Pretoria Sentraal-polisiestasie, is verlede week tot 13 jaar tronkstraf gevonnis,” het brig. V Naidoo, woordvoerder van die polisie, Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Hy het verskeie vervalste vuurwapenopleidingsertifikate, vuurwapenbekwaamheidsertifikate en vuurwapenlisensies verkoop.”

Volgens Naidoo was Mamogobo een van 20 persone, waaronder twee brigadiers, twee kolonels en 12 administratiewe klerke, wat geskors is nadat die bewerings van korrupsie drie jaar gelede aan die lig gekom het.

Mamogobo is reeds in 2013 tydens ʼn dissiplinêre proses van die SAPD afgedank. Sy afdanking het gevolg ná brig. Mathapelo Mangwani, voormalige afdelingshoof van die sentrale vuurwapenregister, se afdanking.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die afdeling “behoorlik skoongemaak” moet word ná die korrupsiebewerings.

Vier van die persone, ʼn luitenant en drie administratiewe klerke het uit hul eie bedank nadat die polisie kennisgewings van die beplande skorsings aan die beskuldigdes uitgereik het.

Mamogobo is die derde persoon wat in verband met die sentrale vuurwapenregister-debakel afgedank is, en een van sewe persone wat nie meer in diens is van die SAPD nie. Van die aanvanklike 20 bly drie steeds geskors terwyl die dissiplinêre verhore voortduur. Die res het óf waarskuwings ontvang en in sommige gevalle is die persone vrygespreek en reeds terug op hul pos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois ·

En…moet ons nou verbaas wees hieroor? Sulke goed is nie eens meer nuus nie en hy is maar die punt van die ysberg!

Berhalet Beukes ·

Raak ontslae van die res van die dik, lui, korrupte polisielede dan sal dit eers noemenswaardig wees!

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

I am to a certain extend really proud on our National Commissioner R Peyiga, for taking a stand against the so-called criminals and criminality within our police. Service. Our service should be purged from all such criminals and, only the very best of manpower belongs in the police and such criminals like this, fellows and colleague of the same mind belong safely behind bars.

rob rover ·

Vandag was ek in die hof in WITBANK na amper drie jaar se geveg teen voorige werkers van my en bekende wit mense vir diefstal ,maar die saak was van die rol geskraap weens korrupte polisemane maar ek sal nie op gee nie ,ek gaan verder teen hulle VEG

CHRISTA ·

As hulle klaar ons polisiediens “skoongemaak” het, sal hulle na ons regering oorgaan en daar begin “skoonmaak”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.