ʼn Voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris is Vrydagoggend op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem.
Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig twee beamptes is vanoggend op dié aanklagte in hegtenis geneem. Dlamini het gesê dat die beamptes onderskeidelik ʼn luitenant-generaal en ʼn generaal-majoor is. Hy het ook bevestig die verdagtes is onderskeidelik 51 en 56 jaar oud.
Hul name mag egter volgens wet nie bekendgemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie.
Die twee beamptes se inhegtenisneming hou verband met beweerde tenderbedrog rakende die aanskaffing van blou ligte en ander toerusting ter waarde van meer as R86 miljoen.
Die twee mans sal vanoggend in die Johannesburgse handelsmisdaadhof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Niks nuuts nie. Ons al gewoond aan authorities wat advantage vat.
Liewe Vader !~ Is daar nog eerlike mense oor in die polisiediens?
Niks nuuts nie. Ons “authorities” vat mos advantage van hulls posisies. En “beskerm” ons land van die aaklige skelms.
Geen name gee nie se voet…Ons wil weet hulle is.
Ek was net so upset soos jy. Die cops vat advantage van ons.