Voormalige polisiekommissaris in hegtenis geneem

Argieffoto

ʼn Voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris is Vrydagoggend op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem.

Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig twee beamptes is vanoggend op dié aanklagte in hegtenis geneem. Dlamini het gesê dat die beamptes onderskeidelik ʼn luitenant-generaal en ʼn generaal-majoor is. Hy het ook bevestig die verdagtes is onderskeidelik 51 en 56 jaar oud.

Hul name mag egter volgens wet nie bekendgemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie.

Die twee beamptes se inhegtenisneming hou verband met beweerde tenderbedrog rakende die aanskaffing van blou ligte en ander toerusting ter waarde van meer as R86 miljoen.

Die twee mans sal vanoggend in die Johannesburgse handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Calamarie ·

Niks nuuts nie. Ons al gewoond aan authorities wat advantage vat.

oom Koos ·

Ek was net so upset soos jy ou vriend. Die cops wat so advantage vat!!!

OomKoos ·

Liewe Vader !~ Is daar nog eerlike mense oor in die polisiediens?

Anel ·

En ons seun sukkel al jare om in diens geneem te word! Een van die eerlikste mense wat ek ken en selfs ander sê so!

Arno ·

JA daar is nog baie eerlikes en goeies in die SAPD. Die sersante ens wat nie bevorder word nie……AL die hoë offisiere is korrup want hulle is almal politieke aanstellings en nie polisie manne/vroue nie.

Calamarie ·

Niks nuuts nie. Ons “authorities” vat mos advantage van hulls posisies. En “beskerm” ons land van die aaklige skelms.

OomKoos ·

Ek was net so upset soos jy. Die cops vat advantage van ons.

1+1 ·

“Voormalige”? hulle moet gestraf word as hulle skuldig is. Dit is polities maklik. Wanneer gaan ons die woord “Huidige” sien. Dis polities moeilik.

Wonder net ·

Vrydag oggend in hegtenis geneem.
Verskyn Vrydag in die hof.
Loop Vrydagmiddag weer vry buite rond op paar rand borg en niemand hoor weer van die R86m nie.
Wat ‘n vreeslike straf.

Vra maar net ·

Dan is daar werklik nog mense wat glo dat enige ANC Kader aanstelling mense is wat bevoeg en gekwalifiseerd is om sulke hoë poste te beklee. EISH wenna wake up.

Poot ·

Mense mense….. sien die groter prentjie asb! Hierdie R86mil is “kleingeld”. Mens gebruik sardiens om Kabbeljou te vang.

Michael ·

Whow die Zuma het die land omtrent aan die brand gesteek en hy lewe n luukse se lewe wat skrik vir niks Dit is sekerlik nie reg nie en hy lag vir almal en alles.

is ek reg ·

Voordat jy in SAP, Gevangenis diens aanvaar word daar n deeglike ondersoek gedoen op jou as mens.
Wonder maar net of was so iets gedoen op hul en of word dit nogsteeds gedoen?
As die hoogste bome verrot, dan kan ons dink hoe lyk die res van die vrugte wat daai bome dra.

Poot ·

@is ek reg
Die “gesonde” vrugte aan daai vrot boom se sap word getap om die boom lewendig te hou. Die gesonde vrugte trek swaar en kan net solank aan ‘n vrot tak hang. GLO MY.

LV ·

Hierdie selfde Genl het links en regs offisiere na Brigadier en Generaal sommer op vergaderings bevorder vinniger as wat Idi Amin medaljes aan homself toegeken het. Ek wonder of dit ook een dag ondersoek sal word.

Gert J ·

Hierdie polisiemanne moet na die swakste tronke in die land gestuur word. Hulle is n verleendheid vir SA

Boet Fasie ·

Mooi man , dit is wat regstellende aksie vir die land beteken , die belastingbetaler het baie geld – gaan net aan . Golf na golf breek oor al die diefstal , eintelik is ons ‘n baie ryk land en kon al die armes al huise gehad het met gratis dienste vir almal as dit nie was vir korrupsie en diefstal nie. En nou gaan die armes weer vir die ANC stem in die komende verkiesing,

Nettie ·

Wie van julle weet wat van Riah Piyega (of hoe jy nou ookal haar naam spel) geword het? Sy was mos die Watsenaam-van-Polisie wat betrokke was by die besluitneming oor Polisie-aksie daar by Marikana?

Muffin ·

Woder maar net ek stem volkome met jou saam. Vandag in hegtenis geneem en kom nig vandag voor. Hulle kon vir my part maar n bietjie gesit get tot Maandag toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.