Voormalige prokureur vas wat glo POF uit miljoene swendel

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

ʼn Prokureur van Mbombela, Mpumalanga, is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo miljoene rande van die Padongelukkefonds (POF) in sy sak gesteek het.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, is die prokureur – wat in Mbombela praktiseer het – deur sy kliënte aangestel en het eise namens hulle by die POF, die meester van die hooggeregshof en die boedelkantoor ingedien.

“By die ontvangs van die geld het hy dit na bewering in sy sak gesteek. Hy het ook geld vir litigasie gesteel nadat ʼn kliënt hom genader het om ʼn private ondersoeker aan te stel om ʼn private ondersoek namens haar te doen. Sy het glo die geld in die prokureur se trustrekening inbetaal,” bevestig Sekgotodi.

“Die beskuldigde het na bewering ’n totale bedrag van R 981 452.54 gesteel terwyl ʼn potensiële verlies ter waarde van R 1,3 miljoen deur die Getrouheidsfonds gestop is.”

Die prokureur is op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal na verwagting weer op 6 April in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Dit is waar die pad ongelukkefonds heengaan wat inteendeel nutteloos is, dit word alles die petrol prys ingesluit wat elke maand verhoog word. Sal die prokureur ooit die geld kan terug betaal of gaan hy nie vervolg word nie.

Wondermaarnet ·

Geen wonder my eis was afgekeur nie en niemand kan ‘n rede gee nie. Dit is deur sulke skelms wat die land in die toestand is waarin dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.