Voormalige Protea-krieketspeler aangekla van knoeiery

Foto: http://www.clt20.com/

Foto: http://www.clt20.com/

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Donderdag bevestig die voormalige Proteas-krieketspeler, Gulam Bodi, is aangekla in verband met bewerings van wedstrydknoeiery gedurende die 2015 RAM SLAM T20 Challenge-reeks.

KSA het Bodi, wat voorheen vir die Dolphins, Titans en Lions gespeel het, geïdentifiseer as die tussenganger wat volgens die teenkorrupsie-wetboek aangekla is. Bodi is aangekla van sameswering om aspekte van die wedstrydreeks te beknoei of onbehoorlik te beïnvloed.

Haroon Lorgat, KSA se hoof, het in ʼn verklaring gesê nadat hulle ondersoek ingestel en die behoorlike proses gevolg het, kan hulle nou bevestig dat Bodi die krieketspeler is wat vroeg in Desember 2015 deur die KSA aangekla is. “Mnr. Bodi gee tans sy samewerking aan KSA se teenkorrupsiebeamptes. Ons wag nou op sy terugvoer op die aanklagte en die saak sal sy gang gaan volgens die proses wat in die wetboek saamgevat is.”

Volgens die KSA is Bodi voorlopig geskors terwyl daar op sy reaksie op die aanklagte gewag word.

“Die voorlopige skorsing beteken Bodi mag nie in enige kapasiteit betrokke wees by enige wedstryd of enige ander funksie, geleentheid of aktiwiteit wat gemagtig, georganiseer, bekragtig, erken of ondersteun word deur die KSA, die internasionale krieketraad, ʼn nasionale krieketfederasie of enige lid van ʼn nasionale krieketfederasie nie,” het die verklaring gesê.

“In ooreenstemming met die bepalings in die wetboek, sal die KSA nie in die openbaar kommentaar lewer oor die spesifieke feite van hierdie kwessie terwyl die saak hangend is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

johnny ·

Is dit nie dieselfde speler wat voor Kevin Pietersen verkies was vir Natal Skolespan nie en wat veroorsaak dat Kevin Vir Engeland gaan speel het? Laat n mens net wonder!

neelsie ·

Gierigheid het hom gekelder–sal die mens nooit leer uit ander se foute nie??

Manie ·

Ek hoop net dat krieket en anc hom ook so hond soos die geval met Hansie. Hoekom is Ali Bacher so stil. Hy het baie te sè gehad destyds en gesorg vir Hansie se vernedering en ondergang

leer asb ·

leer asb uit ander se foute, genugtig as iemand jou iets net aanbied is dit nie om dowe neute nie, more begin die persoon met vereistes, die goed word lank en goed beplan. indien jy meevallertjies kry bespreek dit met jou sport liggaam, hul sal jou dadelik wys dat dit ‘n bedrogspul is. die kanse dat jy uitgevang gaan word is 101%, hoekom sal jy nou ‘n paar rand meer wil verdien om later niks te verdien en nog verneder te word, ja die hele wêreld lees dan van jou en is dit hoe jy wil eindig al jou drome tot niet maak!!!! doen maar soos die ander werk vir wat jy wil hê!

EMK ·

Kry hulle nie alreeds te veel geld nie? Dan wil hulle net nog en nog hê… Al is dit met knoeiery. Nee wat siesa

ig ·

KSA en meeste Media is n spul huigelaars want as dit bv AB de Villiers of n Morkel was sou jy vir n maand en n aand nie die einde gehoor het nie.

GES ·

Die dag toe sport sy amateurstatus verloor het en spelers nie meer vir die eer van hulle land speel nie het geldgierigheid alles in ‘n gemors verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.