Voormalige Protea-krieketspeler swaar gestraf oor knoeiery

Foto: http://www.clt20.com/

Foto: http://www.clt20.com/

Die voormalige Protea-krieketspeler, Gulam Bodi, is Maandag vir 20 jaar uit krieket geskors nadat hy sy aandeel in pogings tot wedstrydknoeiery erken het.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het op 31 Desember verskeie aanklagte teen Bodi ingedien ná ’n ondersoek deur KSA se teenkorrupsie-eenheid. Hy is daarvan beskuldig dat hy wedstryde tydens die 2015 RAM SLAM T20 Challenge-reeks op ’n onvanpaste wyse probeer beïnvloed het.

Bodi se skorsing tree onmiddellik in werking. Hy mag dus in geen hoedanigheid deelneem aan of betrokke wees by enige internasionale of plaaslike wedstryd of enige ander soort funksie, gebeurtenis of aktiwiteit wat op enige manier gemagtig, georganiseer, erken of ondersteun word deur KSA nie.

Vyf van die 18 jaar is opgeskort op voorwaarde dat Bodi geen verdere oortredings begaan nie, asook aan KSA toon dat hy aktief en opbouend deelneem aan korrupsieverwante opvoedkundige programme vir spelers wanneer hy versoek word om dit te doen.

“KSA het deeglik al die toepaslike faktore oorweeg en bepaal dat ’n lang verbod gepas is,” het Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van KSA, gesê. “Ons houding teenoor korrupsie sal altyd een van ‘geen verdraagsaamheid’ wees. Bodi se optrede het ongetwyfeld die integriteit en beeld van die spel bedreig en hy moet swaar gestraf word. Ons het baie gesprekke hieroor met Bodi gevoer en hy het die dwaasheid van sy optrede ingesien.”

KSA het gesê sekere aspekte van die ondersoek is steeds aan die gang en hulle kan dus nie verder hieroor kommentaar lewer nie.

Lees alle vorige berigte oor Gulam Bodi op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ja en so piets KSA die mannetjie met ‘n salie blaar takkie. Arme Hansie is destyds tot in die hiernamals in verneder en af gebreek. Laat ‘n man maar weer dink ne.

Linette ·

Dink ek mos vanoggend dieselfde ding, Jan. Arme Hansie is kaal uitgetrek, ge”hung, quartered and drawn” soos die Engelse spreekwoord lui. ‘n Kommissie van ondersoek, lewendige televisie-uitsendings en kwaai heen-en-weer besprekings. Ek het detyds op George gewoon en Hansie op die Fancourt Estate nie te ver van ons nie. Het hom gereeld in die omgewing, of winkels gesien. Hy is letterlik uitmekaargetrek deur die media-aandag en mense se opinies wat hoog en laag gevlieg het. Dié laaitie kom letterlik weg met ‘n “rap-over-the-knuckles” en ‘n regwysende vinger-in-die-lug met ‘n moet-dit-nou-nie-weer-doen nie, nè-waarskuwing. Dalk omdat Hansie wit was en hy is ‘n Indiër? Sêg maar net!

Wallis ·

En die was die mannetjie wat destyds bo Kevin pietersen gekies was as gevolg van die kwota stelsel! Kyk hoe het hy uit ge draai in vergelyking me KP.

Bloues ·

Hansie was ‘n speler en aktief betrokke by wedstryd planne. Hansie het nie probeer om bedrog te pleeg nie, hy het bedrog gepleeg. Ek het na een van sy gekookte wedstryde gekyk, en dit was aaklig.

Bodi het as buitestander probeer invloed koop.

Daar is n helse groot verskil tussen die twee se optredes,en daarom die verskil in straf. NIKS met kleut te doen nie.

Wat KP aanbetref, maak nie saak hoe goed hy is nie, geen internasionale span sal hom lank in hul planne hou nie,

Rupert Ashford ·

He..e groot verskil se jy. It takes 2 to tango maat. As die buitestaander nie dinge probeer beinvloed nie kan die speler niks doen nie al wil hy ook. Hierdie ou moes dieselfde behandeling gekry het as Hansie.

Amanda Van Vuuren ·

26 Jan

Dis manne soos jy wat mens laat begin wonder oor wanneer ons spanne deesdae sleg verloor of n ‘afdag’ het!! Jy suck! Hoop jy het tyd gehad om al die omkoopgeld uit te gee!!

Linette ·

Ja-nee, ek weet nie hoekom ons nog moeite doen om Maroela Media te lees en kommentaar te lewer nie; MM se ‘editors’ is weer vanoggend dik besig met my kommentare om dit nie te publiseer nie, al breek ek nie een van hulle reels nie en is ek nie die oom of die tannie in die familie van wie niemand hou nie. Dankie Maroela, maar ek teken nou eers af vir voorlopig!

Bloues ·

Rupert. Probeer bedrog pleeg en bedrog pleeg is twee verskillende goed. Hansie het internasionaal meegeding , die Ram Slam was Plaaslik. Hansie was n speler, Bodi nie.
Nou hoe op flippen aarde kan jy sê dis dieselfde ding.

Partymaal dink ek dat van die mense wat hier kommentaar lewer erger as Malema is. Maak nie saak wat gebeur nie, dit word aan ras en kleur gekoppel en asseblief, moet net nie dat die feite inmeng nie. Agge nee!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.