Voormalige SA-gholfspeler skiet homself

Wayne Westner. Foto: http://instantgolfer.co.za/

Wayne Westner. Foto: http://instantgolfer.co.za/

Die voormalige professionele Suid-Afrikaanse gholfspeler, Wayne Brett Westner (55), het homself Woensdagoggend voor sy vrou doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 08:00 by die Gwala Gwala-landgoed in Pennington, aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, plaasgevind.

“Westner en sy vrou was glo besig om na Johannesburg te verhuis,” het Zwane gesê. “Hy het glo by die huis op die landgoed opgedaag en gedwonge toegang tot die huis gekry. Hy het ʼn vuurwapen by hom gehad en het homself voor sy vrou in die kop geskiet.”

Volgens Zwane is Westner se liggaam na die provinsiale lykshuis in Park Rynie geneem, waar ʼn nadoodse ondersoek gedoen sal word.

Westner het in 1981 professioneel begin gholf speel en het verskeie nasionale en internasionale toernooie gewen. Hy het in 1996 die Wêreldbeker vir Suid-Afrika saam met Ernie Els gewen. Hy het verskeie jare op die Europese Gholftoernooi gespeel en het twee Suid-Afrikaanse Opes gewen. Hy het in 1998 weens ʼn besering uitgetree en sy eie gholfkollege geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

DPJ ·

Hoe tragies dat ‘n persoon sy hand aan sy eie lewe slaan.
Sterkte vir al die naasbestaandes.

Joan ·

Ek verstaan nie mooi die “gedwonge toegang” tot sy eiendom nie?

Rbee ·

As jy in die huis wil ingaan en iemand binne in die huis wil nie hê jy moet inkom nie is dit “gedwonge toegang” maak nie saak wie se eiendom dit is nie.
Joan ek hoop jy verstaan nou. In engels noem jy dit domestic violence with force entery

Suzy ·

Dis so hartseer sterkte aan sy familie . Kan ook nie verstaan die gedwonge toegang tot sy eie huis????

poot ·

Lees die ander berigte ook. Maroela het nie al die feite nie. Skynbaar was hy en sy vrou vervreemd en “SY” was besig om na Jhb te verhuis.
So jammer dat sy lewe so moet eindig. Was nog altyd ‘n golf ikoon vir my gewees.

Aneja ·

Die berig is deurmekaar Afr maak nie meer sin nie, besig om te verhuis en gedwonge toegang, dalk moet ons ook teruggaan skool toe.

Johan ·

Ek sukkel ook te probeer verstaan hoe dit werk…
Bly maar tragies

Magda ·

Ja Joan ek verstaan daardie een ook nie. Volgens Netwerk24 het hy sy vrou gyselaar gehou. Baie tragies.

Tanya ·

Onder “gedwonge toegang” verstaan ek dat hy dalk uitgesluit was en vrou wou hom nie inlaat. .. Baie tragies wat gebeur het.

Brie-brie ·

Ek ruik ‘n rot. Gedwonge toegang, wonder of sy vrou iets wou weg steek of verdoem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.