Voormalige SA onnie vas oor kinderpornografie

(Argieffoto: Unsplash)

’n Voormalige onderwyser en rugbyafrigter van Grey High School in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is in Australië in hegtenis geneem vir die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Die man, wat jare gelede die Springbokkaptein Siya Kolisi op skool afgerig het, was ’n waterpolo-afrigter in Queensland ten tyde van sy inhegtenisneming. Hy is intussen geskors.

The Sydney Morning Herald berig die man is Saterdag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes beslag gelê het op items by ’n huis in die woonbuurt Mooloolaba in die Sonskynkus-streek in Queensland.

Die man word nou deur een aanklag van die besit en verspreiding van kindermisbruikmateriaal in die gesig gestaar.

Die uitvoerende hoof van Waterpolo Queensland, Melanie Woosnam, het intussen in ’n skrywe op hul webwerf bevestig dat die man sedert sy inhegtenisneming van dié organisasie geskors is.

“Water Polo Queensland Inc. maak bekend dat [die man] met onmiddellike inwerkingtreding as die spelontwikkeling-en-mededingingbeampte vir die Sonskynkus-streek geskors is, omdat hy van ernstige strafregtelike oortredings aangekla word,” het sy in ’n verklaring gesê.

“Dit is nou ’n saak vir die polisie in Queensland en vorm deel van ’n deurlopende ondersoek. Daar is geen aanduidings dat enige kind wat betrokke is by Waterpolo Queensland leed aangedoen is nie.”

Speurders doen ’n beroep op diegene wat dalk met die man te doen gehad het of van moontlike slagoffers weet, om met inligting na vore te kom.

Maroela Media het Grey High School genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Indien skuldig sal hy uitvind dit is nie SA nie waar jy met alles wegkom nie

Gerra ·

Hulle kan die vuilgoed maar toesluit vir ewig. Hoeveel kinderlewens is nie reeds vernietig deur hierdie mense se walglike dade nie? Hopelik sal hy daar vinnig en effektief vervolg word.

Samuel ·

Ook nie ‘not guilty until proven guilty ‘. Sy kierankies gaan braai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.