Voormalige senior staatsbeampte vas oor ‘tenderbedrog’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige hooggeplaaste regeringsbeampte is deur die Valke in hegtenis geneem in verband met tenderbedrog van miljoene rande.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die 52-jarige verdagte was voorheen die adjunk-direkteur van die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid. Hy is Vrydag in hegtenis geneem.

Volgens Ramovha was die beampte na bewering betrokke by die manipulasie van tenderprosesse in die departement gedurende 2009 en 2010. Die tenders, ter waarde van R35 miljoen, was vir die verskaffing van veiligheidsdienste by plaaslike klinieke in die provinsie.

Volgens Ramovha is die tenders aan “onverdienstelike maatskappye” toegeken, waaraan die verdagte verbonde is.

Die man, wie se naam nie genoem kan word totdat hy op 13 Oktober in die hof verskyn nie, staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Helene ·

Ag as al die polisie en stede se hooge plaastes die kurupsie aan die kaak kan stel sal ons land soveel meer n veilige plek wees en ook weer geld he

humor ·

Ditsem. Daar gaan nog groot hope van vrot gemors uitgekrap word.

Alida ·

In Pretoria gaan die poppe ook nog dans. Wag net en kyk. Hier is miljoene gesteel !!!!

Jourdan ·

So gaan hulle een vir een uitgewys word , krag met verder en dieper

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.