Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die 52-jarige verdagte was voorheen die adjunk-direkteur van die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid. Hy is Vrydag in hegtenis geneem.
Volgens Ramovha was die beampte na bewering betrokke by die manipulasie van tenderprosesse in die departement gedurende 2009 en 2010. Die tenders, ter waarde van R35 miljoen, was vir die verskaffing van veiligheidsdienste by plaaslike klinieke in die provinsie.
Volgens Ramovha is die tenders aan “onverdienstelike maatskappye” toegeken, waaraan die verdagte verbonde is.
Die man, wie se naam nie genoem kan word totdat hy op 13 Oktober in die hof verskyn nie, staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.
Ag as al die polisie en stede se hooge plaastes die kurupsie aan die kaak kan stel sal ons land soveel meer n veilige plek wees en ook weer geld he
Ditsem. Daar gaan nog groot hope van vrot gemors uitgekrap word.
In Pretoria gaan die poppe ook nog dans. Wag net en kyk. Hier is miljoene gesteel !!!!
So gaan hulle een vir een uitgewys word , krag met verder en dieper