Voormalige skeidsregter skuldig aan korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

Die voormalige skeidsregter Clifford Malgas is Vrydag gevonnis vir korrupsie wat verband hou met wedstrydknoeiery in Junie 2011 tydens die Vodacom-beker in Kaapstad.

Hy is in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaad hof tot vier jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van korrupsie en meineed, het die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), gesê. Die vonnisse is nie opgeskort nie en Malgas sal effektief vier jaar agter tralies deurbring.

Malgas het saam met Phil Setshedi, Bafana Bafana se voormalige assistent-afrigter wedstryde geknoei. Setshedi is in 2013 skuldig bevind aan wedstrydknoeiery.

Die landdros het gesê dit is ʼn baie ernstige oortreding om die integriteit van sport in die weegskaal te bring. Safa-president Danny Jordaan het gesê geen steen sal onaangeraak bly nie om korrupsie in sokker uit te roei. Hy het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Ivan

Tussen 1998 en 2012 het SAFA se Tweede Divisie (Second Division/ABC Motsepe-beker) bekend gestaan as die Vodacom-beker.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johan ·

Ek hoop van harte hulle wil of sal een of ander tyd die klomp rugby skeidsregters ook vas vat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.