Voormalige Springbokkaptein oorlede

Nelie Smith (Foto: http://springbokrugby.webs.com/)

Nelie Smith (Foto: http://springbokrugby.webs.com/)

Nelie Smith, voormalige Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se 31ste Springbokkaptein is Sondagoggend in die ouderdom van 81 oorlede.

Smith was ook tussen 1980 en 1981 Springbokafrigter.

Sy dogter, Carin Smith, het aan RSG bevestig hy ly reeds ʼn paar maande aan hartversaking.

Theuns Stofberg, voormalige Springbokkaptein, het op sosiale media hulde gebring aan Smith: “Met groot leedwese groet ek vir Oom Neels (soos ons hom geken het). In my grootword vir harde rugby het Nelie my hand gevat en gedryf wat my suksesvol gemaak het,” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dirk Kroonstad ·

Voorreg gehad om hom vroeër jare te ken. Klerasie by hom gekoop toe hy “Nelie Smith Uitrusters gehad het in Maitlandstr. Bloemfontein. Sy bydrae tot Rugby en gemeenskap in algemeen was aansienlik posetief. n Rolmodel en steunpilaar vir baie. Sy nagedagtenis is blywend en kosbaar. Meegevoel nie net aan familie maar ook aan RSA.

Ben Prinsloo ·

Die naam spreek boekdele. Een van die grotes wat ons gehelp het om rygby te bring tot waar dit vandag is. Gelukkig vir hom sal hy nie sien hoe dit afgebreek word met die woord kwota nie. Ons salueer een van SA se grotes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.