Voormalige Transnet-hoë moet miljoene terugbetaal

Herbert Msagala (Foto: Twitter)

Die spesiale tribunaal het Dinsdag die voormalige Transnet-topbestuurder, Herbert Msagala, beveel om R26,4 miljoen aan die staatsbeheerde onderneming terug te betaal.

Dít nadat daar bevind is Msagala het tydens sy termyn as hoof van kapitaalprojekte by Transnet ʼn onvanpaste verhouding met die verskaffer IGS Consulting gehad. Hy het tussen 2015 en 2016, danksy sy verhouding met die maatskappy, miljoene rande in die geheim in sy sak gesteek.

Maroela Media het vroeër berig die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het die tribunaal genader oor die verbeurdverklaring van Msagala se bates nadat ʼn bewaringsbevel reeds op 30 Julie teen hom versoek is.

Die bates sluit in 35 luukse voertuie en vyf eiendomme. Twee plase en huise is onder hierdie eiendomme. Die bates wat verbeur word, mag nie R18,4 miljoen oorskry nie.

Die tribunaal het ook die Transnet-pensioenfonds verbied om Msagala se pensioen aan hom uit te betaal. Dié bevel geld tot die saak teen hom afgehandel is.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, sê die beslissing dat Msagala die geld moet terugbetaal, is ʼn belangrike stap om korrupsie te pak. Hy sê Transnet sal voortgaan om met die SOE en ander wetstoepassingsagentskappe saam te werk om te verseker dat geregtigheid geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Vettiemaragartos ·

Goed so!!!!! Knyp hulle daar waar dit baie seer maak …….. in die beursie!

Kobus ·

Het hy nog ooit die geld? Kan MM dalk ondersoek en berig of ander persone soos Molefe ens al enige terugbetalings gemaak het.

fs ·

sien is glo! hy sal net soos Z homself bankrot verklaar – ons sal nie maklik enige pennie uit hulle kry…

Di ·

“Pay back the money” Dit geld vir al die skelms wat deur die ANC aangestel is

Moedeloos ·

En intussen is my ma en duisende ander Transnet pensioenarisse oorlede agv swak inkomste omdat hierdie tipe “Hoë” Topbestuur alles in hul sakke gesteek het. Kry vir jou ek het geen simpatie nie want jy en jou trawante het geen simpatie met die Transnet pensioenarisse nie

Peach ·

Moedeloos, jammer om van jou ma se heengaan te verneem maar, dink jy regtig dat ‘n “swak inkomste” kan die veroorsaak vir enige dood wees? Indien wel, moes daar al BAIE ander soortgelyke gedokumenteerde sterftes gewees het.

Moedeloos ·

Ja ek weet dit, ek hoef nie te dink nie. Hul lewensomstandighede het jare agteruitgegaan omdat hul inkomste nie met die inflasie tred gehou het nie. Hul kon nie ordentlike mediesesorg bekostig nie en al het sy aan die Transmed mediesefonds behoort was dit ook pateties. Moes ure/dae in staatshospitale se gange/ongevalle lê voordat daar hulp gegee is. Jy word dieselfde hanteer as n messteeker wat GEEN medies het nie. Wag jou tyd af totdat iemand by jou uitkom. As jy nie n ouer het wat met Transmed en Transnet sukkel nie sal jy nie verstaan nie.

Adelaide ·

Nee waaragtig!!!! Dink ek moet by die ANC aansluit. Klink na ‘n wen-wen situasie.

jou gewete ·

waar gaan hulle die geld kry, hyt dit laaankal opgemors. en wat van die skelm besigheid, wat betaal hulle

Nie Verbaas ·

Hier weer net nog n bewys van ANC integriteit. Gaan hy vervolg word en agter tralies land?

Surfer ·

Hy is n “Voter”, sal nie eers tronk toe gaan nie. Seker ook n goeie nes eier erens gebank om net aan te gaan met sy lewe en scams.

Fanie ·

Dis goed dat hy dit moet terugbetaal (siviel( MAAR hy MOET tronkstraf kry vir die kriminele saak van diefstal en korrupsie. Tyd dat hulle verantwoordbaar gehou word vir hulle vergrype.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.