Voormalige Transnet-hoë se bates na staat

Herbert Msagala (Foto: Twitter)

ʼn Voormalige Transnet-topbestuurder se bates van nagenoeg R18, 5 miljoen gaan aan die staat verbeur word ingevolge ʼn bewaringsbevel.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), sê Herbert Msagala was in sy termyn as voormalige uitvoerende hoof van Transnet-kapitaalprojekte betrokke by korrupte en onwettige aktiwiteite.

Hy was betrokke by misdadigheid saam met die maatskappy IGS Consulting Engineers wat tydens Msagala se termyn kontrakte met Transnet op bedrieglike wyse bekom het.

Die SOE het die spesiale tribunaalhof genader oor die verbeuring van Msagala se bates nadat ʼn bewaringsbevel reeds op 30 Julie teen hom versoek is.

Die bates sluit in 35 luukse voertuie asook vyf eiendomme, waaronder twee plase en huise op ʼn landgoed. Die bates wat verbeur word, mag nie sowat R18,4 miljoen oorskry nie.

Die spesiale tribunaalhof het ook die Transnet-pensioenfonds verbied om Msagala se pensioen aan hom uit te betaal. Dié bevel geld tot die saak teen hom afgehandel is.

Msagala se belegging- en familietrust moet die koste van die aansoek dra.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, het die bevel teen Msagala verwelkom.

“Dit stuur ʼn duidelike boodskap aan almal wat aandadig is aan korrupsie, bedrog, wanadministrasie en wanpraktyke. As die SOE sal ons binne die raamwerk van die wet ons bes doen om te verseker dat hulle nie by hul misdrywe baat nie en ons sal stappe soos dié in die bevel doen om gesteelde geld en bates vir die staat te herwin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pierre

Nou hoekom aan die staat gee, en nie aan die Pensioenfonds nie?

Maggies

So begin die hoë bome een vir een val.

Androclus

Hy kan mos vir hom ‘n oseaan gekoop het,

Genis

Ou Cyril eish “our people” man… Hulle moet die groot visse ook nou vang…

Dries

Liewe ouers, die grootste meerderheid van die bevolking sal nooit in hulle lewens ‘n enkele ou derdehandse voertuig kan besit nie, maar hierdie groot meneer het sommer 35 luukse motors…