Voormalige Valke-hoof afgedank

Valke

Argieffoto

Die voormalige hoof van die Valke in Mpumalanga is afgedank nadat hy vals reis-eise ingedien het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê genl.maj. Simon Mapyane het vyf vals reis-eise ingedien waarin hy beweer het dat hy sy private voertuig vir amptelike doeleindes gebruik het, toe hy inderwaarheid staatsvoertuie gebruik het. Mapyane het ook vergoeding geëis vir ʼn reis wat hy nie onderneem het nie.

“ʼn Dissiplinêre komitee het Mapyane skuldig bevind op al vyf aanklagte teen hom en hy is met onmiddellike effek ontslaan,” het Mulaudzi gesê.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die besluit van die komitee verwelkom en gesê dit moet as ʼn les vir ander lede van die Valke dien dat bedrog, korrupsie en wangedrag nie geduld sal word nie.

“Ons verwelkom die uitspraak en beskou die saak as afgehandel. Ons vertrou dat ons lede nie betrokke is by bedrog of korrupte aktiwiteite nie. Niemand is bo die reg verhewe nie en enige persoon in enige rang wat by korrupsie betrokke is, sal verwyder word,” het Ntlemeza gesê.

Die Valke het reeds in November 2014 ʼn nuwe hoof in Mpumalanga aangestel nadat Mapyane na die Valke se hoofkantoor verplaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

D ·

Hy moet nie bekommerd wees ni. Gaan binnekort in ‘n nuwe en beter pos met meer voordele aangestel word.

Berhalet Beukes ·

Nou ja toe… Een korrupte gaan seker plek vir die volgende maak, ja?

Andrea van Vuren ·

Is dit die tipe mens wat ons moet beskerm? Siek, siek, siek!

Winston ·

Die regering konsentreer op sardientjies om steun te kry vir verkiesings en om te “bewys” daar is reaksie. Los die sardyne en kyk na die GROOT roof visse. Nee wat dis nie n probleem nie? Die sardyne weet daars baie plek in die see vir klein vissies.

johny ·

Kry die ontbinde skerpioene om hulle te ondersoek en vas te vat.Kry eers toestemming by die guptas want hulle is in beheer van alles in ons land en die lughawens en militere lughawens

broos ·

okay hy is skuldig bevind en afgedank maar wat van kriminele aksie? diefstal is diefstal – hoekom word hy nie krimineel aangekla en toegesluit nie? hy gaan net weer ‘n ander werk in ‘n ander afdeling / area kry en dan doen hy dit maar net weer

DPJ ·

Verkiesings jaar en alle nie belangrike persone sal die pen ry. Die Groot wit haaie se lewens sal gespaar bly.

Theresa B ·

Is daar enigsins enige eerlike haar op hierdie mense se lywe? Liewe hemel – hulle kyk net waar kan hul droogmaak en skep. Dit gaan my verstand te bowe. Maak nie saak watter pos hul beklee of waar hul aangestel word nie. Daar is altyd “iets” !!

m ·

Hy was nou maar net onlukkig om uitgevang te word. Hierdie mense is so geldgierig so kan nie dink dat daar net 5 eise hier betrokke was nie.

Griki ·

Dit sal ‘n les wees vir die ander as hy krimineel vervolg word vir bedrog, ja. Die Valke is veronderstel om wetstoepassers te wees, maar tree maar slap op teen kriminele.

Oom Boer ·

Agge-nee hy was dan nou ‘n Kader aanstelling en belowe hy gaan ook goed doen soos met Nkandla. Of wag dalk het hul in die stilligheid uitgevind hy het oorbeweeg na EFF en daar skiet hy homself in die voet. Sorry another fallen comrade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.