Voormalige veldwagter vas vir stropery

Virunga-veldwagters-02

Foto ter illustrasie. (Foto: AP/Jerome Delay/ANA.)

SANParke het Vrydag die inhegtenisneming van ʼn voormalige veldwagter van die Kruger Nasionale Park as ʼn “aansienlike deurbraak” in die stryd teen renosterstropery bestempel.

SANParke het in ʼn verklaring gesê die voormalige veldwagter is Donderdag saam met ʼn vermeende makker in hegtenis geneem. Die twee was ten tyde van die inhegtenisneming in die besit van ʼn jaggeweer, ammunisie en toerusting wat spesifiek vir renosterstropery gebruik word.

Dié veldwagter is in 2014 op ʼn onverwante klag afgedank.

“Ons is al ’n geruime tyd op soek na hierdie spesifieke individu en ons is bly dat hy uiteindelik gevang is. Ons sal nou wag vir die gereg om sy gang te gaan,” het Glenn Phillips, uitvoerende hoof van die Kruger Nasionale Park, gesê.

Phillips het die inhegtenisneming as ʼn groot deurbraak in die stryd teen renosterstropery bestempel.

“Ons doen ’n beroep op die regstelsel om die ernstige skade in ag te neem wat deur misdadigers aangerig word. Nie net aan die volhoubaarheid van ons renosterbevolking nie, maar ook die langtermyn-bedreiging van die toerismebedryf van hierdie land.”

Die twee verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle formeel aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ben Parsons ·

Hulle sal niks oorkom nie. Want sy oompie is in bevel.

humor ·

Terwyl hul dan so erns was oor die natuur, gee hul aan die natuur oodat die sy gang gaan. Net nie daar waar hoe bome is nie.

nabetragting ·

Waarom is hy in die eerste plek aangestel en ‘n rang gegee? Om versoekings te weerstaan is ‘n kuns en harde werk deur toegewyde opvoeders en instrukteurs wat hom opgelei het. As jy nie integriteit het nie is jy ook nie vatbaar vir eerlikheid en naastediens nie. Sy eerste oortreding was reeds in 2014. ‘n Mens wonder hoeveel skade in al die jare aangerig het. “Daar word vinnig gepraat van “‘n onverwante oortreding” Niks anders as ‘n poging is om sonde in watte toe te draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.