Voormalige Wits-man vas in VSA

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

’n Voormalige senior bestuurder by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se instituut vir reproduktiewe gesondheid en MIV (WRHI) is in Amerika in hegtenis geneem.

Die bestuurder is in hegtenis geneem ná aantygings van wanbesteding van fondse. Die bedrag beloop ongeveer $230 000 (sowat R3 miljoen).

Die beweerde ongerymdhede is oorspronklik deur die WRHI geïdentifiseer en daarna ondersoek. Hy het glo ná ondervraging met onmiddellike inwerkingtreding bedank. Daar is beslag gelê op sy skootrekenaar en ’n forensiese ouditproses is deur KPMG van stapel gestuur.

Daar is ʼn strafregtelike saak teen hom aanhangig gemaak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Refilwe Mabula, woordvoerder vir die universiteit, het gesê wanbesteding van donateurfondse sal nie geduld word nie. “Die universiteit se stelsels, vinnige optrede en samewerking met ander rolspelers het verseker dat hierdie beweerde ongerymdhede vinnig geïdentifiseer, bestuur en hanteer is,” het Mabula gesê.

Mabula het ook bygevoeg die finansiële verliese sal deur versekering gedek word en dat die WRHI-projek geen skade sal ly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sê maar net ·

Kan hulle nie maar so effektief wees met die vang van moordenaars ook nie.

Jip ·

Ja hoor, nog ‘n produk van WITS. Hier in SA kom jy dalk niks oor as jy ‘n WITS professor, bestuurder of student was nie, want dit was mos die liberale kraal waaruit leiers gekies is. Wel in die VSA is daar ten minste nog wette en word dit die selektief toegepas nie. Maak nie saak in watter land julle gaan wegkruip nie, julle maak oral droog.

jaco ·

Ek is bereid om selfs onverantwoordelike goed te doen met iemand wat ly aan AIDS as dit net definitief kan beteken ek kan permanente reg op werk en verblyf in Amerika kry. Verbeel jou: geen regstellende aksie meer teen my wit velkleur, geen aanvalle meer op my net omdat ek wit is nie, geen beurtkrag, geen wanbestuur van hospitale, geen feea must fall optogte, geen president meer wat met taxgeld n paleis bou nie…
En hier kry hierdie man van SA m kans in so n wonderlike land en hy mors dit op.

Gedoriewaar ·

Verbaas? Allermins! Net die glorieryke voorbeeld van die leiers van sy land van oorsprong gevolg.

dr Sakkie van der Merwe ·

Hul meld hy kom van Wits maar is hy wit of ……….?

Myopic ·

Die kleur is mos ooglopend vanselfsprekend. Hy kom mos van SA waar hy goed geleer het hoe
Jy vra nog.

Christa ·

Krimenele dink omdat hulle hier kan wegkom met misdaad hulle dit oral kan regkry, maar toe backfire dit!!! Hahaha!!!

Christa ·

Maroela ek hoop julle sal hierdie saak opvolg en ons ASB op hoogte hou. Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.