Voornemende adjunk-OB op agtervoet oor Etzebeth-opmerkings

Inwoners van Langebaan het in Oktober teen Etzebeth se beweerde optrede betoog. (Argieffoto: Brendan Magaar/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se waarnemende regshoof, Buang Jones, het Dinsdag aan parlementslede gesê sy omstrede opmerkings oor die Springbokslot Eben Etzebeth is gedeeltelik buite konteks geneem en gedeeltelik geregverdig.

Jones doen aansoek vir die pos van adjunk- openbare beskermer en moes bontstaan om DA-LP Glynnis Breytenbach se vrae te beantwoord in ʼn onderhoud vir dié posisie.

Breytenbach het Jones gevra of hy meen sy stelling dat Etzebeth “selfs wegkom met moord” en dat die MRK “ʼn voorbeeld” van hom gaan maak in ooreenstemming met die wet en beginsels van natuurlike geregtigheid is.

“In die Etzebeth-saak het ons besluit, en dit was ʼn kommissaris se besluit, dat ons stappe in die gelykheidshof teen hom moet begin. Ek het bloot ʼn opdrag van een van ons kommissarisse uitgevoer,” het Jones gesê aan lede van die portefeuljekomitee oor justisie wat die onderhoude met kandidate gevoer het.

Hy het gesê dit het behels dat hy deel sou wees van ʼn gemeenskapsvergadering wat die MRK in Langebaan gehou het, waar vier klaers aangevoer het dat Etzebeth hulle buite ʼn kuierplek aangerand en rassistiese opmerkings toegesnou het.

Die Springbokslot Eben Etzebeth. (Foto: David Ritchie/ANA)

“Tydens die gemeenskapsvergadering op 3 Oktober het ek net geparafraseer. Ek het hulle bloot herinner aan die dinge wat ek deur die loop van die dag gehoor het. So dit is korrek dat ek gesê het ons gaan ʼn voorbeeld van mnr. Etzebeth maak. Die stelling is gemaak met verwysing na die kriminele teorie van afskrikmiddels. Dit is ook in die Gelykheidswet omdat ons as ʼn land, gegewe ons geskiedenis, voorvalle van rassisme ernstig moet opneem,” het Jones gesê.

“Die stelling is dus gemaak oor ander beweerde voorvalle waarby mnr. Etzebeth en sy familie en vriende betrokke was en waar die polisie en selfs die vervolgingsgesag glo glad nie opgetree het nie. Ons het gesê dit stop daar. En oor wegkom met moord – ek het die woord figuurlik gebruik, omdat die klaers aan ons gesê het dat die gemeenskap voorheen al voorvalle by die polisie aangemeld het en dat niks daarvan gekom het nie.”

Jones het gesê iemand wat in Bellville woon het aan hom gesê dat hy óók ʼn slagoffer was en vergeefs wag dat die owerhede teen Etzebeth optree.

Die MRK het op 4 Oktober namens die sogenaamde Langebaan-4 ʼn klag van haatspraak teen Etzebeth aanhangig gemaak.

Etzebeth ontken die bewerings teen hom en het ʼn hofaansoek ingedien waarin hy vra dat die saak teen hom hersien word.

Jones se uitlatings het groot oproer veroorsaak en is die onderwerp van ʼn interne MRK-ondersoek. Die voorsitter van die kommissie, adv. Bongani Majola, het ook aan die media gesê hy is bekommerd oor die opmerkings.

Etzebeth het verlede week na Suid-Afrika teruggekeer saam met die Springbokspan wat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan gewen het. Hulle het ʼn helde-ontvangs gekry – ook by die parlement.

In sy hofdokumente beskuldig Etzebeth die MRK onder meer daarvan dat hy onder politieke druk geswig het om ʼn saak teen hom te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Dries B ·

Man jaag vir Buang Jones weg hy gooi draaie soos dit hom pas op n ander plek gaan hy die selfde probeer doen.

Kraaibakke ·

Nou wat maak hom beter in n ander pos .Bly by Mrk and face the music.

Dries Bý ·

Your job is not done till the fat lady sings ,stay my friend stay

ELIZE ·

HULLE SOEK NET GELD….. ETZEBETH IS BEROEMD… BIED HULLE GELD AAN EN KYK WAT GEBEUR :-(

K P ·

Behoede dat die man wat so op eiers dans enige posisie van gesag kry. Wonder of hy sélf nie rassistiese streep het

Andrea van Vuren ·

Die OB se kantoor beweeg met ‘n slakkepas “from bad tot worse!”

Elré ·

Ek wonder net as Etsebeth nie ‘n Springbok was en ‘n “gewone mens” was en hy het iets soos dit aan die persoon gesê-of dit nogsteeds sulke opspraak sou gemaak het?

Ander Koos ·

Wat Mnr. Jones gesê het, het hy gesê en geen eierdans kan dit ongedaan maak nie. Maar ja, die anc sorg en beskerm. sy kaders…..

Eva ·

Stem Petro die seun het style….Ebentjie net nie Jones ha ha. Ons laaik nie bitterbekke nie! Kry vir jou Mr Jones.

Leon S ·

Bang Jones, wie was die kommissaris wat die opdrag gegee het??? Dit is duidelik jy is met jou rug teen die muur. Wat is die doel van die MRK , as die kommissie reeds deur jou bang jones uitspraak gelewer het?? Waar het jy jou graad gekry? 20% slaag syfer????

Gert ·

Dan is Mnr Jones nog n lafaard ook. Blameer iemand anders. Nie bereid om verantwoordeliheid te vat vir wat hy gesê het nie. Geen leiers eienskappe. Nie geskik vir die pos nie

Hans ·

Jones moes maar liewer self voorbeeld gewees het en homself ontrek het na sy debakel by ‘n openbare vergadering. Die julle en hulle klink al te veel na ‘n 2-gat jakkals

KrokodilBotha ·

In die saak gaan iemand defnitief sy naam met n plank slaan. Kan nie wag nie. Tik tok jones.

Iens ·

Maar rassisme teen witmense is reg. Ons kan maar sleg gesê en gevloek word. Dis mos maar reg.

Wondermaarnet ·

Waaroor die bohaai. As ek ‘n boer genoem word is ek vrek trots daarop en probeer nie die nuus haal nie. Ek is ‘n trotse boer met pragtige gladde hare so noem my gerus ‘n boer.

Yolande ·

Jonas, volgens die lands wette is jy onskuldig totdat jy skuldig gevind is. Jou uitsprake is opgeneem soos jy dit bedoel het. Skuldig gevind voor verhoor. Hoe wil jy dan die OB van die land word? Jou doelwit is om na jouself te kyk…en nie na die res van die land nie. Hoe gaan jy regverdigheid toepas as jou mond nie verstaan wat regverdig is nie? Kry ons land jammer.

Scalla ·

Daar was n kommunikasie probleem, Eben het hom uitgevra of hy dink sy spel hot or not is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.