Voornemende polisiekonstabels wen hare-stryd

skerTwee vroulike kadette wat geweier het om hul hare te sny en toe uit ʼn polisie-opleidingskursus geskop is, moet weer toelating kry, het Beeld Woensdag berig.

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag ten gunste van Suzanne Terry van Môregloed en Elizna Rochelle van Mollendorf van Eersterust beslis.

Die Tshwane-metro het op 22 Mei sy opleidingsooreenkoms met die twee studentekonstabels beëindig omdat hulle ʼn bevel verontagsaam het om hul hare kort te sny.

Ramatsimele Ndlovu, die instrukteur, het in Desember verlede jaar self hul hare op die paradegrond gesny. Ndlovu is intussen afgedank na ʼn tugverhoor.

Die metro het aangevoer dat manlike en vroulike kadette op 2 Desember, toe hul opleiding begin het, aangesê is om hul lang hare af te sny en mans se baarde moes afgeskeer word.

Die hof het egter beslis dat dit onreëlmatig is om die vroue se opleidingsooreenkoms te beëindig en het ook ʼn kostebevel teen die metro uitgereik. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Dis seker die met die ‘rusta-locks.” Kan nie dink dat iemand egte hare wil sny nie.

Rusta loks was in elk geval nog altyd ‘baie onnet’ vir my gewees.

Nina ·

Miskien moet jy die dames se name weer lees? Ek twyfel of hulle rastalokke gehad het.

Belinda ·

Die dame wat afgedank is het seker ook net haar werk gedoen en dit was seker ook net nie goed genoeg nie mens weet mos as iemand netjies is of nie………………..jis mens weet ook nooit wat is reg en wat is verkeerd in S.A nie………………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.