Voornemende SA Express-koper sorg vir verrassing

(Argieffoto: Facebook)

Die langverwagte aankondiging van ‘n voorkeurkoper vir die bankrot lugdiens SA Express het ‘n groot verrassing opgelewer wat dalk nog in die hof gaan draai, met dreigemente wat heen en weer vlieg tussen sommige van die sewentien groepe wat meegeding het om die voorkeurkoper te wees.

Die veelbesproke sakeman Theunis Crous dreig naamlik met regsoptrede nadat sy groep, Fly Modern Ark, se aanbod van R100 miljoen vir SA Express blykbaar na die kroon gesteek is deur ‘n aanbod van die groep Fly SA Express.

Die groep Fly SA Express bestaan uit 691 huidige en voormalige werkers van SA Express, wat hoop om die R250 miljoen wat hulle teen 28 Oktober ingesamel moet hê, bymekaar te kry, met behulp van die finansieringsplatform Uprise Africa.

Hulle is as voorkeurkoper aangewys ten spyte daarvan dat hulle volgens berigte nog geen tasbare finansiële bates kon toon nie.

Benewens die harde kontant moet Fly SA Express ook die instemming van die departement van openbare ondernemings kry voordat hulle die lugdiens suksesvol kan aanskaf.

In antwoord op vraagtekens oor of hulle die vereiste R250 miljoen in die hande gaan kry, het ‘n woordvoerder van die voorkeurkoper hom as volg uitgelaat: “Sonder om in besonderhede daarop in te gaan, is die plan nie dat die ingesamelde geld as kapitaal vir die aanvanklike aankoop van die lugdiens sal dien nie. Dit sal, nadat die lugdiens aanvanklik aangekoop is, gedoen word om te voldoen aan die behoefte aan lopende kapitaal en batefinansiering. Meer inligting sal later bekend gemaak word.”

Of dit die tipe stelling is wat beleggersvertroue aanwakker, sal in die weke tot 28 Oktober duidelik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danie

Dan moet hulle nog iemand kry om in die vliegtuie wil ry, want ek het uit beginsel 26 jaar laas in SAL OF EXPRESS gevlieg.

Jakes

Hier kom nog n debakel soos SAL. Gaan die regering hulle ook nou help met R250 milj? Om mee te begin is hulle alreeds meer as dubbel die hoeveelheid mense aanboord om n sukses van hierdie mislukking te maak nog voor dit bein het.

Sarel

Werkers van SA Express….hoop nie vorige Bestuursledeis ingesluit nie. Hoeveel van die mense het bande met die ANC.

Vrijburger

Waarom ruik ek ‘n BEEeeeeee bedrogspul wat die belastingbetaller weer pa voor sal moet staan!

Pim die Skim

Ek deel Danie se sentiment. Ek vlieg nie SA nie, ek eet nie uit by Spur nie, ek luister nie jacaranda FM nie, en vele ander aan gesien ek nie blm of enige vorm van diskriminasie en rasisme ondersteun nie. Ek is bereid om ‘n premie te betaal net om nie SA, SA rugby, SA kriket of enigiets SA te ondersteun nie.