Voorsitter in hof oor Ters-bedrog

Argieffoto (Foto: SAPoliceService/Facebook)

Reuben Swartz, die voorsitter van die South African Religious Civic Organisation (Sarco), het Vrydag vlugtig in die Bellville-handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.

Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Swartz is in Desember 2020 in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige korrupsie ondersoek. Hy is later vrygelaat op borgtog van R10 000.

Swartz word daarvan beskuldig dat hy valslik byna R298 000 van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike verligtingskema (Ters) geëis en dit vir eie gewin gebruik het.

Hani sê die ondersoek het verder onthul dat Swartz tot R170 000 van die stad se humanitêre fonds ontvang het, wat geoormerk was vir kospakkies in Atlantis. Die geld is egter na bewering na ʼn kerk in Table View herlei wat bande het met Kaapstad-raadslid Nora Grose. “In hierdie stadium verbind niks raadslid Grose met die Ters-finansiering soos vroeër berig is nie,” het Hani bygevoeg.

Swartz moet op 23 Junie 2021 weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

My siening ·

Daar’s baie van hulle soos die staats amptenare wat hulle uitgewys het R85mil en nooit hoor jy daar van weer.

Hennie J ·

Bly tog maar vreemd dat die klein ,piepklein, vissies gevang word terwyl die groot visse nog rustig baljaar. Is die tekenend van die breinkrag van die valke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.